1 Timoteus 4
4
1 Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste dae sommige mense van die geloof afvallig sal word, omdat hulle hulle ophou met dwaalgeeste en die leringe van demone. 2Hulle word beïnvloed deur die skynheiligheid van leuenaars, wie se gewete toegeskroei is. 3Hulle verhinder mense om te trou, en laat hulle sekere kossoorte vermy, terwyl God dit geskep het vir gelowiges, diegene wat die waarheid insien, om dit met dankbaarheid te geniet. 4Want alles wat God geskep het, is goed, en niks wat met danksegging ontvang word, is verwerplik nie, 5omdat dit deur die woord van God en gebed geheilig word.
6Wanneer jy hierdie dinge aan die broers uitwys, sal jy 'n goeie dienskneg van •Christus Jesus wees, gevoed met die woorde van die geloof, en die goeie leer wat jy noukeurig navolg. 7 Vermy goddelose en dwase mites. Oefen jouself om godvresend te leef; 8want liggaamlike oefening is wel in 'n geringe mate nuttig, maar godvresendheid is nuttig in alle opsigte. Dit hou belofte in vir die huidige én die toekomstige lewe. 9 Dié uitspraak is betroubaar en werd om ten volle aanvaar te word. 10Want hiervoor werk ons hard en stry ons, omdat ons ons hoop geplaas het op die lewende God, wat die Verlosser van alle mense is, veral van die gelowiges.
11Beveel en onderrig hierdie dinge. 12Laat niemand op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees 'n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in gedrag, in liefde, in betroubaarheid, in reinheid. 13Totdat ek kom, moet jy jou toelê op voorlesing, bemoediging en onderrig. 14 Moenie die genadegawe in jou verwaarloos wat deur profesie aan jou geskenk is toe die raad van ouderlinge jou die hande opgelê het nie. 15Lê jou toe op hierdie dinge, leef daarin, sodat jou vordering vir almal duidelik kan wees. 16Wees noulettend op jouself en die leer; volhard daarin; want sodoende sal jy jouself red en ook hulle wat na jou luister.
Currently Selected:
1 Timoteus 4: AFR20
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.
Bybel in Afrikaans 2020-vertaling met Deuterokanonieke Boeke © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.