YouVersion Logo
Search Icon

Eksodus 6

6
Beloftes van God
1 God het met Moses gepraat en vir hom gesê: “Ek is die Here. 2Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar met my Naam ‘Here’ het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie. 3Ek het ook my verbond met hulle tot stand gebring, om vir hulle die land Kanaän te gee, die land van hulle tydelike verblyf waarin hulle •vreemdelinge was. 4 Ek het self ook die gekreun van die Israeliete gehoor, hulle wat deur die Egiptenare verplig word om te werk, en Ek het aan my verbond gedink.
5“ Daarom, sê vir die Israeliete, ‘Ek is die Here, en Ek sal julle uitlei, weg van die dwangarbeid van Egipte. Ek sal julle verlos van hulle slawewerk, en Ek sal julle loskoop met 'n uitgestrekte arm en met geweldige oordele. 6Ek gaan julle as volk vir My neem en Ek sal vir julle 'n God wees. Dan sal julle besef dat Ek die Here julle God is wat julle uitlei, weg van die dwangarbeid van Egipte. 7 Ek sal julle bring na die land, waaroor Ek my hand opgehef het om dit aan Abraham, aan Isak, en aan Jakob te gee, en Ek sal dit aan julle as eiendom gee. Ek is die Here.’ ”
8Moses het dit toe net so vir die Israeliete gaan sê, maar hulle het nie na Moses geluister nie, omdat hulle neerslagtig was en hard moes werk. 9Die Here het toe met Moses gepraat en gesê: 10“Gaan praat met die farao, die koning van Egipte, sodat hy die Israeliete uit sy land laat gaan.” 11Maar Moses het voor die Here gesê: “Kyk, die Israeliete het nie eers na my geluister nie, hoe sal die farao dan na my luister, terwyl my lippe lomp is?” 12 Die Here het egter met Moses en Aäron gepraat en hulle opdragte gegee oor die Israeliete, en oor die farao, die koning van Egipte, om die Israeliete uit Egipteland te lei.
Geslagsregister van Moses en Aäron
13Dit was die familiehoofde:
Die seuns van Ruben, eersgeborene van Israel, was Ganog, Pallu, Gesron en Karmi.
Dit was die familiegroepe van Ruben.
14 Die seuns van Simeon was Jemuel, Jamin, Ohad, Jagin, Sogar en Saul, die seun van 'n Kanaänitiese vrou.
Dit was die familiegroepe van Simeon.
15 Die volgende was die name van die nageslag van Levi volgens hulle familieregister:
Gerson en Kehat en Merari. Levi het honderd sewe-en-dertig jaar lank geleef.
16 Die seuns van Gerson was Libni en Simi, volgens hulle familiegroepe.
17Die seuns van Kehat was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël. Kehat het honderd drie-en-dertig jaar lank geleef.
18Die seuns van Merari was Magli en Musi.
Dit was die familiegroepe van Levi, volgens hulle familieregister.
19 Amram het Jogebed, sy vader se suster, vir hom as vrou geneem, en sy het vir hom Aäron en Moses in die wêreld gebring. Amram het honderd sewe-en-dertig jaar lank geleef.
20 Die seuns van Jishar was Korag, Nefeg en Sigri.
21Die seuns van Ussiël was Misael, Elisafan en Sitri.
22 Aäron het Eliseba, die dogter van Amminadab en die suster van Nagson, vir hom as vrou geneem, en sy het vir hom Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar in die wêreld gebring.
23 Die seuns van Korag was Assir, Elkana en Abiasaf. Dit was die familiegroepe van die Koragiete.
24 Eleasar, die seun van Aäron, het een van die dogters van Putiël vir hom as vrou geneem, en sy het aan Pinehas geboorte gegee.
Dit was die familiehoofde van Levi volgens hulle familiegroepe.
25 Dit is dieselfde Aäron en Moses vir wie die Here gesê het: “Lei die Israeliete uit Egipteland volgens hulle leërafdelings.” 26Dit is hulle wat met die farao, die koning van Egipte, gepraat het om die Israeliete uit Egipte te lei, hierdie selfde Moses en Aäron.
Moses en die towenaars
27Die dag toe die Here met Moses in Egipteland gepraat het, 28het die Here vir Moses gesê: “Ek is die Here. Sê vir die farao, die koning van Egipte, alles wat Ek vir jou sê.” 29 Waarop Moses toe voor die Here gesê het: “Kyk, my lippe is lomp, hoe sal die farao na my luister?”

Currently Selected:

Eksodus 6: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in