YouVersion Logo
Search Icon

Esegiël 42

42
Priesterkamers
1Die man het my in 'n noordelike rigting uitgelei na die buitenste voorhof, en my geneem na die vertrekke teenoor die ruimte met beperkte toegang en teenoor die gebou aan die noordekant. 2Aan die voorkant by die ingang aan die noordekant, was die kamers honderd el lank en vyftig el breed. 3Die kamers was langs 'n gang van twintig el breed wat deel is van die binneste voorhof, en teenoor die plaveisel wat deel is van die buitenste voorhof, en was gebou met 'n buitemuur wat driemaal trapsgewys vernou. 4Aan die voorkant van die vertrekke was daar 'n gang aan die binnekant; dit was tien el breed en honderd el lank, met die ingange aan die noordekant. 5Die boonste vertrekke was smaller, want die vernouende vlakke het van hulle plek opgeneem, meer as die onderste en middelste vlakke van die gebou. 6Ja, die kamers was in drie verdiepings gebou, en het nie pilare gehad soos dié by die voorhowe nie. Gesien vanaf grondvlak was die muur bo die onderste kamers teruggeskuif, en weer bo die middelste kamers. 7Daar was 'n klipmuur wat aan die buitekant ewewydig met die vertrekke aan hulle voorkant in die rigting van die buitenste voorhof geloop het; dit was vyftig el lank.
8Terwyl die breedte van die vertrekke aan die buitenste voorhof vyftig el was, kyk, langs die hoofvertrek was die vertrekke honderd el lank. 9Op die grondvlak van daardie ander vertrekke was die ingang aan die oostekant wanneer 'n mens daar wou ingaan uit die buitenste voorhof 10by die begin van die klipmuur in die voorhof.
Aan die suidekant, al langs die ruimte met beperkte toegang en die gebou, was daar ook vertrekke, 11met 'n gang voor hulle. Dit het gelyk soos die vertrekke aan die noordekant – met dieselfde lengte en breedte. Ook alle uitgange, die uitleg en ingange was dieselfde. 12So was ook die ingange na die vertrekke aan die suidekant dieselfde. Daar was 'n ingang by die begin van die gang wanneer iemand daar wou ingaan – soos die gang langs die skermmuur wat oos strek. 13 Die man het vir my gesê: “Die vertrekke aan die noordekant en die vertrekke aan die suidekant, wat langs die ruimte met beperkte toegang lê, is heilige vertrekke, waar die priesters wat na die Here mag nader kom, die •besonder heilige gawes moet eet. Daar moet hulle die besonder heilige gawes neersit – die •graanoffers, •reinigingsoffers en •hersteloffers – want die plek is heilig. 14 Wanneer die priesters ingegaan het, mag hulle nie uit die heiligdom direk na die buitenste voorhof gaan nie, maar moet daar in die kamers eers hulle klere waarin hulle diens gedoen het, neersit, want dit is heilig. Hulle moet ander klere aantrek en dan nader gaan na waar die volk is.”
Muur om die tempelterrein
15 Toe die man klaar was met die opmeet van die •tempel binne, het hy my uitgelei deur die poort wat oos front, en die muur buite-om gemeet. 16 Hy het die oostekant gemeet met die maatstok: Dit was vyfhonderd el lank met die maatstok. Hy het omgegaan 17en die noordekant gemeet: Dit was vyfhonderd el lank met die maatstok. Hy het omgegaan, 18en die suidekant gemeet: Dit was vyfhonderd el lank met die maatstok. 19Toe het hy omgegaan na die westekant; hy het vyfhonderd el met die maatstok gemeet. 20 Aan al vier kante het hy die tempelterrein gemeet. Dit was vyfhonderd el lank en vyfhonderd el breed, en het 'n muur reg rondom gehad om skeiding te maak tussen wat heilig is en nie heilig is nie.

Currently Selected:

Esegiël 42: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

Video for Esegiël 42