YouVersion Logo
Search Icon

Jeremia 24

24
Twee mandjies vye
1 Die Here het my laat sien: Kyk, daar is twee mandjies met vye neergesit voor die •tempel van die Here. Dit was nadat Nebukadresar, die koning van Babilonië, Jegonja, seun van Jojakim, die koning van Juda, die •hoë amptenare van Juda, die ambagsmanne en metaalwerkers uit Jerusalem in ballingskap weggevoer en hulle na Babel geneem het. 2Die een mandjie het baie goeie vye in gehad, soos vroeë vye; maar in die ander mandjie was baie slegte vye, wat nie meer geëet kon word nie omdat dit sleg was. 3Die Here het vir my gevra: “Wat sien jy, Jeremia?” Ek het geantwoord: “Vye – die goeie vye is baie goed en die slegtes baie sleg; dit kan nie meer geëet word nie omdat dit sleg is.”
4Toe het die woord van die Here tot my gekom: 5“ So sê die Here, die God van Israel, ‘Soos met hierdie goeie vye, so sal Ek die ballinge van Juda wat Ek uit hierdie plek weggestuur het na die land van die Galdeërs, as goed beskou. 6 Ek sal my oog welwillend oor hulle hou en hulle laat terugkeer na hierdie land. Ek sal hulle bou en nie afbreek nie; Ek sal hulle plant en nie uitruk nie. 7 Ek sal aan hulle harte gee om My te ken, dat Ek die Here is. Hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees; want hulle sal na My terugkeer met hulle hele hart.
8“ ‘Maar soos die slegte vye wat nie meer geëet kan word nie omdat dit sleg is,’ ja, so sê die Here, ‘net so sal Ek maak met Sedekia, die koning van Juda, sy hoë amptenare en die res van Jerusalem, met hulle wat oorgebly het in hierdie land en hulle wat in Egipteland woon. 9 Ek sal hulle 'n toonbeeld van verskrikking, van rampspoed maak – vir al die koninkryke van die aarde, 'n bespotting en 'n spreuk, 'n spotnaam en 'n vervloeking, op al die plekke waarheen Ek hulle verdryf. 10Ek sal die swaard, die hongersnood en pessiekte onder hulle instuur, totdat hulle volledig uitgeroei is, weg van die grond wat Ek aan hulle en hulle voorouers gegee het.’ ”

Currently Selected:

Jeremia 24: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

Videos for Jeremia 24