Nehemia 12
12
Lyste van priesters en Leviete
1Die volgende is die priesters en Leviete wat saam met Serubbabel, seun van Sealtiël, en Jesua weggetrek het uit die ballingskap:
Seraja, Jeremia, Esra,
2Amarja, Mallug, Gattus,
3Seganja, Regum, Merajot,
4Iddo, Ginneton, Abia,
5Mijamin, Maädja, Bilga,
6Semaja en Jojarib, Jedaja,
7Sallu, Amok, Gilkija en Jedaja.
Hierdie manne was die hoofde van die priesters en hulle stamgenote in die tyd van Jesua.
8Die Leviete was:
Jesua, Binnuï, Kadmiël, Serebja, Juda en Mattanja wat moes leiding neem met die dankliedere, hy en sy ampsgenote,
9terwyl Bakbukja en Unni, hulle ampsgenote, volgens diensafdelings teenoor hulle plekke ingeneem het.
10Jesua het Jojakim verwek, Jojakim het Eljasib verwek, en Eljasib vir Jojada. 11Jojada het Jonatan verwek, en Jonatan het Jaddua verwek.
12In die tyd van Jojakim was die volgende priesters familiehoofde:
van Seraja se familie was dit Meraja;
van Jeremia, Gananja;
13van Esra, Mesullam;
van Amarja, Joganan;
14van Mallug, Jonatan;
van Sebanja, Josef;
15van Garim, Adna;
van Merajot, Gelkai;
16van Iddo, Sagaria;
van Ginneton, Mesullam;
17van Abia, Sigri;
van Minjamin en Moadja, Piltai;
18van Bilga, Sammua;
van Semaja, Jonatan;
19van Jojarib, Mattenai;
van Jedaja, Ussi;
20van Sallu, Kallai;
van Amok, Eber;
21van Gilkija, Gasabja;
van Jedaja, Netanel.
22Wat die Leviete betref: In die tyd van Eljasib, Jojada, Joganan en Jaddua is die familiehoofde opgeskryf, ook dié van die priesters, tot met die regering van Darius die Pers. 23Die nageslag van Levi, die familiehoofde, is opgeskryf in die boekrol met die kronieke, tot in die tyd van Joganan, seun van Eljasib. 24 Die hoofde van die Leviete was Gasabja, Serebja en Jesua, seun van Kadmiël, met hulle ampsgenote wat, afdeling vir afdeling, teenoor hulle plek ingeneem het om te loof en te dank ooreenkomstig die opdrag van Dawid, die man van God. 25Mattanja, Bakbukja, Obadja, Mesullam, Talmon en Akkub het in afdelings as poortwagte wag gehou by die voorraadkamers van die poorte. 26Hierdie manne het geleef in die tyd van Jojakim, seun van Jesua, seun van Josadak; en ook van Nehemia, die •streekgoewerneur, en Esra, die priester en skrifgeleerde.
Inwyding van die stadsmuur
27 Met die inwyding van die stadsmuur van Jerusalem is die Leviete in al hulle woonplekke opgespoor, met die doel om hulle na Jerusalem te bring vir die vreugdevolle viering van die inwyding met dankliedere en sang, met simbale, harpe en liere. 28Die sanggroepe is byeengeroep uit die omstreke van Jerusalem en uit die gehuggies van die mense van Netofa, 29uit Bet-Haggilgal en die gebied van Geba en Asmawet; want die sangers het vir hulleself gehuggies gebou om Jerusalem. 30Toe die priesters en Leviete hulleself gereinig het, het hulle ook die volk, die stadspoorte en die muur gereinig.
31Ek het die leiers van Juda op die muur laat klim, en twee groot kore vir dankliedere opgestel. Die een koor het op die muur in 'n suidelike rigting na die Ashooppoort beweeg. 32Hulle is gevolg deur Hosaja en die helfte van die leiers van Juda, 33ook Asarja, Esra, Mesullam, 34Juda, Benjamin, Semaja, Jeremia, 35en van die priestergroepe met trompette:
Sagaria, seun van Jonatan, seun van Semaja, seun van Mattanja, seun van Miga, seun van Sakkur, seun van Asaf;
36en sy ampsgenote Semaja, Asarel, Milalai, Gilalai, Maäi, Netanel, Juda en Ganani, met die musiekinstrumente van Dawid, die man van God, met Esra, die skrifgeleerde, op die voorpunt.
37Hulle is reguit oor die Fonteinpoort en op met die trappe by die Stad van Dawid, met die steil deel van die muur langs, bo die huis van Dawid verby, tot by die Waterpoort aan die oostekant.
38Die tweede koor het in die teenoorgestelde rigting beweeg. Ek en die helfte van die volk het hulle op die muur gevolg, bo verby die Toring van die Oonde tot by die Breë Muur, 39oor die Efraimspoort, die Jesanapoort, die Vispoort en verby die Toring van Gananel en die Toring van die Honderd, tot by die Skaappoort. By die Poort van die Paleiswag het hulle tot stilstand gekom.
In die tempel
40Daarna het die twee kore vir dankliedere hulle plekke in die huis van God ingeneem, ook ek en die helfte van die gesagsdraers saam met my, 41en die priesters Eljakim, Maäseja, Minjamin, Miga, Eljoënai, Sagaria en Gananja, met trompette, 42asook Maäseja, Semaja, Eleasar, Ussi, Joganan, Malkija, Elam en Eser. Die sangers het toe begin sing. Jisragja was die koorleier.
43Op daardie dag het hulle vol vreugde 'n groot hoeveelheid offers geslag, want God het vir hulle 'n rede tot groot vreugde gegee. Ook die vroue en kinders was verheug, en die vreugde in Jerusalem kon van ver af gehoor word. 44 Op dieselfde dag is manne as opsigters aangestel by die vertrekke wat as stoorkamers vir die •wydingsgeskenke, die eerste opbrengs en die tiendes moes dien, om daarin die rantsoen wat die priesters en die Leviete volgens wet moes kry uit die landerye rondom die dorpe, byeen te bring. Juda was immers verheug oor die priesters en oor die Leviete wat diens gedoen het. 45Hulle het die verpligtinge teenoor hulle God en die reinheidsvoorskrifte nagekom, ook die sangers en poortwagte, in ooreenstemming met die opdragte van Dawid en sy seun Salomo. 46 Ja, van die vroegste tye af, reeds in die dae van Dawid en Asaf, was daar sangleiers en was daar lofliedere en danksegging ter ere van God. 47Die hele Israel het in die tyd van Serubbabel en in die tyd van Nehemia telkens die rantsoene aan die sangers en poortwagte verskaf, volgens die behoeftes van elke dag. Hulle het ook •heilige gawes vir die Leviete gegee, en die Leviete het dit vir die seuns van Aäron gegee.
Currently Selected:
Nehemia 12: AFR20
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.
Bybel in Afrikaans 2020-vertaling met Deuterokanonieke Boeke © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.