YouVersion Logo
Search Icon

Numeri 1

1
Eerste telling van weerbare manskappe
1 Die Here het met Moses gepraat in die Tent van Ontmoeting in die Sinaiwoestyn. Dit was op die eerste dag van die tweede maand in die tweede jaar ná hulle uittog uit Egipteland. Hy het gesê: 2 “ Hou 'n hoofdelike telling van die hele volksvergadering van die Israeliete volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, met volle name van elke manlike persoon, kop vir kop, 3van twintig jaar en ouer – elke weerbare man in Israel. Jy en Aäron moet hulle inskryf volgens hulle leërafdelings. 4 Saam met julle moet daar iemand wees, 'n man uit elke stam, iemand wat die hoof is van sy familie.
5 “Dit is die name van die manne wat julle moet bystaan:
“Elisur, seun van Sedeür,
vir Ruben;
6Selumiël, seun van Suri-Saddai,
vir Simeon;
7Nagson, seun van Amminadab,
vir Juda;
8Netanel, seun van Suar,
vir Issaskar;
9Eliab, seun van Gelon,
vir Sebulon;
10vir die nageslag van Josef:
Elisama, seun van Ammihud,
vir Efraim;
en Gamliël, seun van Pedasur,
vir Manasse;
11Abidan, seun van Gidoni,
vir Benjamin;
12Agiëser, seun van Ammi-Saddai,
vir Dan;
13Pagiël, seun van Ogran,
vir Aser;
14Eljasaf, seun van Deüel,
vir Gad;
15Agira, seun van Enan,
vir Naftali.”
16 Hierdie manne is deur die volksvergadering na vore geroep as leiers van die stamme van hulle voorvaders; hulle is die stamhoofde van Israel.
17Moses en Aäron het hierdie manne wat by die naam aangewys is, geneem 18en op die eerste dag van die tweede maand die hele volksvergadering bymekaar laat kom. Hulle het toe geslagsregisters oor hulle familiegroepe, volgens hulle families, opgestel met die volle name van dié wat twintig jaar en ouer was, kop vir kop, 19 soos die Here Moses beveel het. Moses het hulle in die Sinaiwoestyn ingeskryf.
20Die nageslag van Ruben, eersgeborene van Israel, hulle familieregister volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, met volle name, kop vir kop, elke manlike persoon van twintig jaar en ouer, elke weerbare man was: 2146 500 wat ingeskryf is vir die stam van Ruben.
22Die nageslag van Simeon, hulle familieregister volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, wat ingeskryf is met volle name, kop vir kop, elke manlike persoon van twintig jaar en ouer, elke weerbare man: 2359 300 wat ingeskryf is vir die stam van Simeon.
24Die nageslag van Gad, hulle familieregister volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, met volle name, elke weerbare man van twintig jaar en ouer: 2545 650 wat ingeskryf is vir die stam van Gad.
26Die nageslag van Juda, hulle familieregister volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, met volle name, elke weerbare man van twintig jaar en ouer: 2774 600 wat ingeskryf is vir die stam van Juda.
28Die nageslag van Issaskar, hulle familieregister volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, met volle name, elke weerbare man van twintig jaar en ouer: 2954 400 wat ingeskryf is vir die stam van Issaskar.
30Die nageslag van Sebulon, hulle familieregister volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, met volle name, elke weerbare man van twintig jaar en ouer: 3157 400 wat ingeskryf is vir die stam van Sebulon.
32Die nageslag van Josef:
Die nageslag van Efraim, hulle familieregister volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, met volle name, elke weerbare man van twintig jaar en ouer: 3340 500 wat ingeskryf is vir die stam van Efraim.
34Die nageslag van Manasse, hulle familieregister volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, met volle name, elke weerbare man van twintig jaar en ouer: 3532 200 wat ingeskryf is vir die stam van Manasse.
36Die nageslag van Benjamin, hulle familieregister volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, met volle name, elke weerbare man van twintig jaar en ouer: 3735 400 wat ingeskryf is vir die stam van Benjamin.
38Die nageslag van Dan, hulle familieregister volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, met volle name, elke weerbare man van twintig jaar en ouer: 3962 700 wat ingeskryf is vir die stam van Dan.
40Die nageslag van Aser, hulle familieregister volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, met volle name, elke weerbare man van twintig jaar en ouer: 4141 500 wat ingeskryf is vir die stam van Aser.
42Die nageslag van Naftali, hulle familieregister volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, met volle name, elke weerbare man van twintig jaar en ouer: 4353 400 wat ingeskryf is vir die stam van Naftali.
44 Dit is diegene wat ingeskryf is wat Moses, Aäron en die leiers van Israel, die twaalf manne, in die register ingeskryf het. Hulle het elkeen sy families verteenwoordig. 45Al dié wat ingeskryf is van die Israeliete, volgens hulle families, elke weerbare man in Israel van twintig jaar en ouer, 46hulle almal wat ingeskryf is, was 603 550.
47 Die Leviete is volgens afstamming ingedeel. Hulle is nie saam met die ander ingeskryf nie, 48want die Here het vir Moses gesê: 49“Net die stam van Levi moet jy nie saam met die Israeliete inskryf of tel nie. 50 Jy moet self die Leviete aanstel oor die •tabernakel met die Getuienis, en oor al die gereedskap en toebehore daarvan. Hulle moet die tabernakel en al die gereedskap dra, en hulle moet daarna omsien. Hulle moet rondom die tabernakel kamp opslaan. 51Wanneer die tabernakel verskuif word, moet die Leviete dit afbreek, en wanneer die tabernakel weer opgeslaan word, moet die Leviete dit oprig. 'n Onbevoegde persoon wat naby kom, moet doodgemaak word.
52“ Die Israeliete moet elkeen op sy kampplek en elkeen langs sy eenheid, volgens hulle leërafdelings, kamp opslaan, 53 maar die Leviete moet rondom die tabernakel met die Getuienis kamp opslaan, sodat daar nie 'n oordeel uit toorn oor die volksvergadering van die Israeliete kom nie. Die Leviete moet die verpligtinge nakom by die tabernakel met die Getuienis.”
54 Die Israeliete het dit toe gedoen – alles wat die Here Moses beveel het, het hulle net so gedoen.

Currently Selected:

Numeri 1: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in