YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 127

127
1'n •Pelgrimslied. Van Salomo.
As die Here die huis nie bou nie,
swoeg die bouers tevergeefs daaraan.
As die Here oor die stad nie wag hou nie,
bly die wagte tevergeefs wakker.
2Tevergeefs dat julle vroeg opstaan,
eers laat tot rus kom,
kos eet wat moeisaam verkry is.
Netsowel gee Hy dit
aan sy geliefdes in die slaap.
3Kyk, seuns is 'n erfdeel
wat van die Here kom;
die vrug van die moederskoot
is 'n beloning.
4Soos pyle in die hand
van 'n krygsheld,
so is die seuns van jou jeug.
5Gelukkig is die man
wat sy pylkoker
met hulle gevul het.
Hulle sal nie beskaamd staan
wanneer hulle met vyande
in die stadspoort woorde wissel nie.

Currently Selected:

Psalms 127: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in