YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 128

128
1'n •Pelgrimslied.
Gelukkig is elkeen
wat vir die Here ontsag het,
wat sy paaie volg!
2Die vrug van jou hande
sal jy beslis geniet.
Gelukkig is jy!
Dit gaan goed met jou.
3Jou vrou is soos 'n vrugbare
wingerdstok in die binnekamers
van jou huis.
Jou kinders is soos olyfboompies
om jou tafel.
4Kyk, so sal die man geseën word
wat vir die Here ontsag het.
5Mag die Here jou seën uit Sion,
sodat jy al die dae van jou lewe
die goeie van Jerusalem sal geniet,
6en mag jy jou kinders se kinders sien.
Vrede oor Israel!

Currently Selected:

Psalms 128: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in