YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 140

140
1Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid.
2 Red my, Here, van slegte mense;
hou my veilig teen geweldenaars,
3 hulle wat in hulle harte
booshede beplan,
wat elke dag gevegte aanhits.
4Hulle maak hulle tonge so skerp
soos dié van slange;
die gif van adders skuil
agter hulle lippe. •Sela
5 Here, beskerm my teen die hande
van goddeloses;
hou my veilig teen geweldenaars
wat beplan om my voete
te laat ontspoor.
6Hoogmoediges het in die geheim
vir my 'n vangnet gespan;
met toue het hulle 'n net
langs die pad oopgesprei;
vangstrikke het hulle vir my gestel. Sela
7Ek het vir die Here gesê:
“U is my God;
Here, luister na my smeekgebed.
8 Here, my Heer,
die krag wat my verlos,
U beskut my kop
op die dag van oorlog.
9 Here, gee tog nie die goddeloses
wat hulle begeer nie;
hulle bose planne,
laat dit nie slaag nie.
Hulle sal verwaand raak. Sela
10“Die koppe van hulle wat my omring,
laat dit oordek word
met die onheil wat hulle
ander toewens.”
11Mag gloeiende kole
oor hulle uitgeskud word;
mag Hy hulle in die vuur laat val,
in bodemlose putte
dat hulle nooit weer opstaan nie.
12Lasteraars – mag hulle
nie gevestig raak in die land nie.
Geweldenaars – mag onheil
op hulle jag maak, keer op keer.
13Ek weet:
Die Here behartig die regsaak
van magteloses,
die reg van behoeftiges.
14Waarlik, regverdiges sal u Naam prys;
opregtes sal in u teenwoordigheid woon.

Currently Selected:

Psalms 140: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

Videos for Psalms 140