YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 15

15
1'n Psalm. Van Dawid.
Here, wie mag 'n gas wees in u tent?
Wie mag tuisgaan op u •heilige berg?
2Hy wat onberispelik leef
en regverdig optree,
wat van harte die waarheid praat.
3Hy laster nie,
doen sy medemens nie kwaad aan nie
en bespot nie sy naaste nie.
4In sy oë is die een wat verwerp is,
veragtelik,
maar hy eer dié wat vir die Here
ontsag het.
Al sweer hy tot sy nadeel,
hy verander nie.
5Hy leen nie sy geld teen rente uit nie,
en aanvaar nie 'n omkoopgeskenk
ten koste van die onskuldiges nie.
Hy wat hierdie dinge doen,
sal nooit struikel nie.

Currently Selected:

Psalms 15: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

Videos for Psalms 15