YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 47

47
1Vir die •musiekleier. Van die Koragiete. 'n Psalm.
2Al julle volke, klap hande!
Juig tot eer van God
met jubelkrete!
3Want die Here, die Allerhoogste,
is ontsagwekkend,
'n groot koning oor die hele aarde.
4Hy onderwerp volke aan ons,
nasies onder ons voete.
5Hy kies vir ons ons erfgrond,
die trots van Jakob,
wat Hy liefhet. •Sela
6Onder gejuig bestyg God die troon,
die Here bestyg dit onder
die geluid van 'n •ramshoring.
7Besing God,
besing Hom!
Besing ons koning,
besing Hom!
8Want God is die koning
van die hele aarde;
sing 'n lied wat onderrig.
9 God regeer oor nasies,
God sit op sy •heilige troon.
10Die vooraanstaandes van volke
kom bymekaar by die God
van Abraham,
want aan God behoort die skilde
van die aarde.
Hy is hoog verhewe.

Currently Selected:

Psalms 47: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

Videos for Psalms 47