YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 58

58
1Vir die •musiekleier. Op “Moenie verwoes nie”. Van Dawid. 'n Miktaam.
2 Magtiges, is julle werklik besig
met regspraak,
oordeel julle mense billik?
3Selfs in julle harte beoefen julle onreg;
in die land maak die geweld
van julle hande
vir julle die pad skoon.
4Vanaf die moederskoot
dwaal goddeloses af,
vanaf hulle geboorte
raak leuenaars die pad byster.
5Hulle gif is dieselfde as slanggif;
hulle is soos 'n dowe horingslang
wat sy ore toestop,
6wat nie luister na die besweerders
se stem nie –
hulle wat bedrewe is in die besweerkuns.
7O God, breek hulle tande
in hulle monde,
verbrysel die kake
van die jong leeus, Here.
8Mag hulle verdwyn
soos water wat wegvloei;
mag Hy hulle vertrap soos gras.
Mag hulle verdroog
9soos 'n slak wat in sy slym seil,
soos misgeboortes van vroue
wat nooit die son sien nie.
10 Voordat hulle dit besef,
is hulle soos dorings,
soos steekdorings
wat uitgeroei word,
soos bossies wat die stormwind
wegwaai.
11Die regverdige sal bly wees
wanneer hy vergelding sien;
hy sal sy voete afspoel in die bloed
van die goddelose.
12Die mense sal sê:
“Daar ís beloning vir die regverdige,
daar ís 'n God wat reg laat geskied
in die land.”

Currently Selected:

Psalms 58: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

Videos for Psalms 58