YouVersion Logo
Search Icon

Psalms Psalm 11

Psalm 11
Die regverdige HERE het geregtigheid lief
1(Aan die musiekleier, 'n Psalm van Dawid.)
Op die HERE stel ek my vertroue; hoe sê julle vir my siel: Vlug soos 'n voël na jou berg?
2Want kyk, die goddelose span hul boog, hulle maak hul pyl op die tou gereed, om in die geheim op die opregtes van hart te skiet.
3As die fondamente vernietig word, wat kan die regverdige doen?
4Die HERE is in sy heilige tempel, die troon van die HERE is in die hemel: sy oë kyk, sy ooglede beproef, die mensekinders.
5Die HERE toets die regverdige, maar die goddelose en die wat geweld liefhet, haat sy siel.
6Op die goddelose sal Hy strikke, vuur en swawel laat reën en 'n afgryslike storm: dit sal die deel van hulle beker wees.
7Want die regverdige HERE het geregtigheid lief; sy aangesig sien die opregtes.

Currently Selected:

Psalms Psalm 11: CAB23

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

Videos for Psalms Psalm 11