YouVersion Logo
Search Icon

ESÉGIËL 4

4
Voorspelling van die toekomstige beleg van Jerusalem.
1EN jy, mensekind, neem vir jou 'n baksteen en sit dit voor jou neer, en teken daarop 'n stad, naamlik Jerusalem;
2maak dan 'n beleëring daarteen en bou forte daarteen en gooi 'n wal daarteen op en stel laers daarteen op en lê stormramme daarteen aan rondom.
3Verder, neem jy vir jou 'n ysterpan en sit dit as 'n ystermuur tussen jou en die stad; en rig jou aangesig daarop, en dit sal beleër wees, en jy moet dit beleër. 'n Teken is dit vir die huis van Israel.
4Gaan lê ook op jou linkerkant, en sit daarop die ongeregtigheid van die huis van Israel; volgens die getal dae dat jy daarop lê, moet jy hulle ongeregtigheid dra.
5En Ék lê jou die jare van hulle ongeregtigheid op volgens die getal dae, driehonderd-en-negentig dae, dat jy die ongeregtigheid van die huis van Israel moet dra.
6En as jy met hierdie dae klaar is, moet jy, vir die tweede keer, op jou regterkant gaan lê en die ongeregtigheid van die huis van Juda dra, veertig dae lank: vir elke jaar lê Ek jou een dag op.
7En op die beleëring van Jerusalem moet jy jou aangesig rig terwyl jou arm ontbloot is; en jy moet daarteen profeteer.
8En kyk, Ek sit vir jou toue aan, sodat jy jou nie kan omdraai van die een kant na die ander nie, totdat jy klaar is met die dae van jou beleëring.
9En neem jy vir jou koring en gars en boontjies en lensies en broodmanna en spelt, en gooi dit in een skottel, en maak vir jou daarvan brood; volgens die getal dae dat jy op jou sy lê, driehonderd-en-negentig dae, moet jy daarvan eet.
10En jou voedsel wat jy moet eet, sal in gewig wees twintig sikkels elke dag; van tyd tot tyd moet jy dit eet.
11Jy moet ook water by die maat drink, die sesde deel van 'n hin; van tyd tot tyd moet jy dit drink.
12En as garskoeke moet jy dit eet en dit op die mis van mensedrek bak voor hulle oë.
13Toe sê die Here: So sal die kinders van Israel hulle brood onrein eet onder die nasies waarheen Ek hulle sal verdrywe.
14En ek sê: Ag, Here Here! Kyk, my siel is nooit verontreinig nie, en ek het van my jeug af tot nou toe geen aas of iets wat verskeur is, geëet nie, en daar het geen bedorwe vleis in my mond gekom nie.
15Toe sê Hy vir my: Kyk, Ek het vir jou beesmis gegee in plaas van mensedrek; daarop moet jy jou brood klaarmaak.
16Ook het Hy vir my gesê: Mensekind, kyk, Ek verbreek die staf van die brood in Jerusalem, en hulle sal brood by die gewig en met kommer eet en water by die maat en in stomme smart drink;
17sodat hulle gebrek aan brood en water het, en die een met die ander verstom staan en in hulle ongeregtigheid wegkwyn.

Currently Selected:

ESÉGIËL 4: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

Video for ESÉGIËL 4