YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 122

122
'n Groet aan Jerusalem.
1 'n BEDEVAARTSLIED. Van Dawid.
Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die Here gaan!
2Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem!
3Jerusalem wat gebou is soos 'n stad wat goed saamgevoeg is,
4 waarheen die stamme optrek, die stamme van die Here — 'n voorskrif vir Israel! — om die Naam van die Here te loof.
5Want daar staan die stoele vir die gereg, die stoele van die huis van Dawid.
6 Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe!
7Mag daar vrede wees in jou skanse, rus in jou paleise!
8Ter wille van my broers en my vriende wil ek spreek: Vrede in jou!
9Ter wille van die huis van die Here onse God wil ek die goeie vir jou soek.

Currently Selected:

PSALMS 122: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

Videos for PSALMS 122