YouVersion Logo
Search Icon

1 Kronieke 25

25
Die sangers en musikante
1Dawid en die hoë amptenare het die families van Asaf, Heman en Jedutun vir ’n spesiale diens afgesonder. Hulle moes onder begeleiding van liere, harpe en simbale as profete optree. Hier is ’n lys van al hierdie mense.
2Uit Asaf se seuns was daar Sakkur, Josef, Netanja en Asarela. Hulle het onder Asaf se leiding gestaan. Hy het as profeet in diens van die koning opgetree.
3Uit Jedutun se seuns was daar Gedalja, Seri, Jesaja, Simi, Gasabja en Mattitja. Hulle het onder leiding van Jedutun, hulle pa, gestaan. Hy het met lierbegeleiding as profeet die lof aan die Here gelei.
4Uit Heman se seuns was daar Bukkija, Mattanja, Ussiël, Subael, Jerimot, Gananja, Ganani, Eliata, Giddalti, Romamti-Eser, Josbekasa, Malloti, Hotir en Magasiot. 5Hulle was almal Heman se seuns. Heman was die koning se siener in godsdienstige sake. God het aan Heman veertien seuns en drie dogters gegee. Dit het natuurlik aan hom groot aansien in die gemeenskap gegee.
6Dié mense was elkeen onder leiding van sy pa verantwoordelik vir die musiek in die huis van die Here. Hulle sang is begelei op simbale, harpe en liere.
Asaf, Jedutun en Heman was in die koning se diens. 7Hulle en hulle families was opgelei om musiek te maak. Al 288 van hulle was goeie musikante. 8Die musikante is ook geloot vir hulle diensbeurte, sonder om te kyk of hulle jonk of oud is, leerling of leermeester.
9Die eerste lot het op Josef, uit die nageslag van Asaf, geval; die tweede op Gedalja en twaalf van sy seuns en familielede, 10die derde op Sakkur en twaalf van sy seuns en familielede, 11die vierde op Seri en twaalf van sy seuns en familielede, 12die vyfde op Netanja en twaalf van sy seuns en familielede, 13die sesde op Bukkija en twaalf van sy seuns en familielede, 14die sewende op Asarela en twaalf van sy seuns en familielede, 15die agtste op Jesaja en twaalf van sy seuns en familielede, 16die negende op Mattanja en twaalf van sy seuns en familielede, 17die tiende op Simi en twaalf van sy seuns en familielede, 18die elfde op Asarel en twaalf van sy seuns en familielede, 19die twaalfde op Gasabja en twaalf van sy seuns en familielede, 20die dertiende op Subael en twaalf van sy seuns en familielede, 21die veertiende op Mattitja en twaalf van sy seuns en familielede, 22die vyftiende op Jeremot en twaalf van sy seuns en familielede, 23die sestiende op Gananja en twaalf van sy seuns en familielede, 24die sewentiende op Josbekasa en twaalf van sy seuns en familielede, 25die agtiende op Ganani en twaalf van sy seuns en familielede, 26die negentiende op Malloti en twaalf van sy seuns en familielede, 27die twintigste op Eliata en twaalf van sy seuns en familielede, 28die 21ste op Hotir en twaalf van sy seuns en familielede, 29die 22ste op Giddalti en twaalf van sy seuns en familielede, 30die 23ste op Magasiot en twaalf van sy seuns en familielede, 31die 24ste op Romamti-Eser en twaalf van sy seuns en familielede.

Currently Selected:

1 Kronieke 25: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

Videos for 1 Kronieke 25