YouVersion Logo
Search Icon

1 Petrus 1:24-25

1 Petrus 1:24-25 DB

Die Skrif sê nie verniet nie: “Elke mens is slegs soos ’n grashalmpie. Dit is met mense nie anders as met ’n blom in die veld nie. Die grashalmpie verdroog maklik en die blom se blaartjies val na ’n rukkie nutteloos op die grond. Dit is so tydelik. Maar die Woord van die Here sal altyd waar bly.” Hierdie “Woord” is die goeie boodskap oor Jesus wat julle gehoor het.