Eksodus 10
10
Die Here sorg dat sy Naam onthou sal word
1Die Here het vir Moses gesê: “Gaan stel weer jou eis vir die farao. Ek het hom en sy leiers hardkoppig gemaak sodat Ek rede kan hê om al hierdie dinge met hulle te laat gebeur. 2Julle kan aan julle nageslag gaan vertel hoe Ek met al hierdie dinge wat Ek gedoen het, die Egiptenaars belaglik gemaak het. Ek het dit gedoen om vir julle te wys hoe sterk Ek is en om julle almal te oortuig dat Ek werklik die Here is.”
Sprinkane oor die hele land
3Moses en Aäron is toe na die farao toe. “So sê die Here, die God van die Hebreërs,” sê hulle vir hom. “Hoe lank gaan jy nog bly weier om voor My te buig? Jy moet dadelik my volk laat gaan dat hulle My kan gaan aanbid! 4As jy aanhou weier om my volk te laat gaan, bring Ek sommer môre nog ’n ramp van sprinkane in jou land. 5Daar sal so baie sprinkane wees dat jy nie eens die grond onder hulle sal kan sien nie. Hulle sal elke krieseltjie groenigheid afvreet wat daar na die haelstorm oorgebly het. Selfs die bome, wat intussen weer begin uitloop het, sal hulle kaalstroop. 6Hulle sal oral in jou paleis en in die huise van julle leiers en oor die hele Egipte kom. So ver as wat mense kan terugdink, sal hulle nie kan onthou dat so iets al ooit gebeur het nie.”
Moses het toe sy rug vir die farao gedraai en is daar weg sonder om hom te groet.
Die farao begin toegee
7Die mense wat vir die farao raad gee, het toe vir hom gevra: “Hoe lank moet ons nog met hierdie probleem sit? Laat tog die mansmense gaan dat hulle tot die Here hulle God kan gaan bid. U kan mos sien Egipte is besig om tot niet te gaan!”
8Die farao het toe vir Moses en Aäron laat roep. Hy het vir hulle gesê: “Nou goed dan, gaan tog en loop bid tot die Here julle God. Maar sê my: Presies wie almal wil julle hê moet saamgaan?”
9“Ons almal,” sê Moses vir hom, “ons wil almal gaan met ons jongmense en ons oumense, ons seuns en ons dogters. Ons wil ook ons kleinvee en ons beeste saamvat. Ons wil almal saam vir die Here ’n fees gaan hou.”
10Hy sê toe vir hulle: “Die Here sal aan julle kant moet wees en julle help voor ek die dag julle almal en al julle afhanklikes sommerso sal laat gaan. Dit is duidelik dat julle ’n skelm plan in die mou voer. 11Niks daarvan nie! Net die mansmense kan gaan om tot die Here te gaan bid. Dit is mos wat julle nog heeltyd bly vra het!” Hy het toe vir Moses en Aäron daar weggejaag.
Die sprinkane vreet die land weg
12Die Here het toe vir Moses gesê: “Steek jou hand uit en hou dit oor die hele Egipte sodat die sprinkane deur die hele land kan trek. Hulle sal elke groenigheidjie wegvreet wat na die haelstorm oorgebly het.” 13Toe Moses sy kierie oor Egipte uitsteek, het die Here ’n oostewind oor die land laat waai, dwarsdeur die dag en ook deur die nag. Teen die volgende oggend het dit sprinkane oor die land begin inwaai. 14Die sprinkane het oor die hele Egipte versprei. Hulle het in groot swerms op alles toegesak. So iets het nog nooit tevore of ook daarna ooit weer daar gebeur nie. 15Hulle het die grond toegemaak. Dit was sommer donker oor die aarde. Hulle het alles voor die voet weggevreet wat groen was op die grond en wat na die hael aan die bome oorgebly het. In die hele Egipte het daar nie ’n blaartjie aan ’n boom of ’n grassie in die veld oorgebly nie.
16Die farao het Moses en Aäron dringend laat roep. Hy bieg toe by hulle: “Ek erken ek het ’n fout gemaak. Ek het my misgis met die Here julle God en ook met julle. 17Vergeef tog net hierdie een keer my fout. Gaan pleit by die Here julle God dat Hy asseblief hierdie dood van my nek moet afhaal.”
18Moses het van die farao af weggegaan en tot die Here gaan bid. 19Die Here het toe die wind van die see af laat omswaai in ’n baie sterk westewind. Dit het al die sprinkane in die See van Riete ingewaai. Daar het nie een enkele sprinkaan in die hele Egipte agtergebly nie.
20Die Here het egter weer die farao se hardkoppigheid die oorhand oor hom laat kry. Hy wou weer nie kopgee om die Israeliete te laat gaan nie.
Stikdonker
21Die Here het Moses beveel: “Hou jou hand na die hemel toe. Dit sal donker word oor Egipte. Dit sal so donker word dat ’n mens amper aan die donker sal kan vat.” 22Moses het sy hand boontoe uitgestrek. Dit het drie dae lank stikdonker geword oor die hele Egipte. 23Drie dae lank kon die Egiptenaars mekaar glad nie sien nie en nie een kon ’n voet versit nie. Waar die Israeliete gewoon het, was dit egter helder daglig.
Moses sit sy voet dwars
24Die farao het toe vir Moses laat kom en vir hom gesê: “Loop tog en gaan bid tot die Here. Julle moet net julle kleinvee en beeste hier los. Selfs julle kinders kan saam met julle gaan.”
25Moses was vererg en het hom geantwoord: “Dan sal u maar self die diere moet verskaf vir die slagoffers en brandoffers wat ons vir die Here ons God moet bring. 26Ons diere moet saam met ons gaan. Daar mag niks agterbly nie. Ons moet uit ons eie diere vir die Here ons God offer. Boonop weet ons glad nie wat ons vir die Here sal moet offer voor ons eers daar aangekom het nie.”
27Die Here het die farao maar weer laat vassteek. Hy was glad nie bereid om hulle te laat gaan nie. 28Hy het vir Moses geskreeu: “Gee pad voor my! Ek wil jou nooit weer sien nie! As ek jou ooit weer sien, gaan ek jou doodmaak!”
29Moses sê toe vir hom: “Jy is hierdie keer reg. Jy sal my nooit weer sien nie.”
Currently Selected:
Eksodus 10: DB
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.

: