Eksodus 9
9
Sere op mens en dier
1Die Here het weer vir Moses gesê: “Gaan nog ’n keer na die farao toe en sê vir hom: ‘Die Here, die God van die Hebreërs, eis van jou: jy moet my volk laat gaan om My te aanbid. 2As jy weier om hulle te laat gaan en aanhou om hulle terug te hou, 3gaan die Here sy krag gebruik. Hy sal ’n dodelike siekte laat uitbreek onder al jou vee wat in die veld is. Al jou perde en donkies, jou kamele, jou beeste en jou kleinvee sal dodelik siek word. 4Die Here sal ook anders maak met die vee van die Israeliete as met die vee van die Egiptenaars. Nie een van hulle diere sal vrek van die siekte nie. 5Die Here het hierdie keer self oor die tyd besluit wanneer dit sal gebeur. Dit sal môre gebeur.’”
6Die Here het dan ook die volgende dag laat gebeur wat Hy gesê het. Al die vee van die Egiptenaars het siek geword en begin vrek. Onder die Israeliete se vee is daar egter nie ’n enkele een dood nie. 7Die farao het ook mense gestuur om te kyk of dit regtig so is dat daar niks by die Israeliete gevrek het nie. Alhoewel hulle vir hom kom sê het dat dit werklik so is, het hy weer viervoet vasgesteek en bly weier om die volk te laat gaan.
8Die Here het daarop vir Moses en Aäron beveel: “Gaan krap ’n paar hande vol roet uit ’n oond. Moses moet dit voor die farao in die lug uitstrooi. 9Dit sal ’n fyn poeier word wat oor die hele Egipte versprei. Dit sal oor die hele land rou sere op mense en diere laat kom.” 10Hulle het toe roet gevat. Terwyl die farao kyk wat hy doen, het Moses die roet gevat en in die lug gegooi. Daar het toe swere op die mense en die diere se vel gekom. 11Die Egiptiese towenaars was self so vol sere dat hulle nie eens kon kom kyk of hulle dieselfde as Moses kon doen nie. Die hele Egipte was die ene rowe en sere.
12Die Here het die farao egter net nog meer hardkoppig laat word. Hy het al minder na hulle geluister. Dit is mos soos die Here gesê het dit sou wees.
’n Vernietigende haelstorm
13Die Here het toe vir Moses gesê: “Jy moet môreoggend vroeg opstaan en vra of jy met die farao kan praat. Sê dan vir hom: ‘Die Here, die God van die Hebreërs, het van jou geëis: jy moet my volk laat gaan om My te gaan aanbid. 14Hierdie keer gaan Ek ’n ramp stuur wat jou en die mense wat by jou koninklike paleis werk en jou hele volk baie persoonlik gaan raak. Jy sal nou baie deeglik besef dat daar niemand anders op die aarde is wat soos Ek is nie. 15Ek moes eintlik al lankal my krag gebruik het om jou en jou mense met ’n ramp van die aarde af weg te vee. 16Ek het jou egter gespaar sodat my Naam oor die hele wêreld bekend sal word wanneer jy sien hoe sterk Ek werklik is. 17Jy het mos aangehou om moedswillig met my volk te wees. Jy wou hulle nie laat gaan nie. 18Ek gaan môre hierdie tyd ’n vernietigende haelstorm oor Egipte laat losbars soos hierdie land in sy hele geskiedenis nog nie gesien het nie. 19Jy moet betyds jou mense beveel om al jou vee en alles wat buite is, dadelik onderdak te bring. Die hael sal al die mense en diere doodslaan wat nie beskerm word nie.’”
20Die mense wat vir die farao gewerk het en wat hulle gesteur het aan wat die Here gesê het, het vinnig hulle werkers en hulle vee onderdak gekry. 21Die ander wat die skouers opgehaal het vir die Here se woorde, het hulle werkers en hulle vee buite in die veld gelos.
22Die Here het toe vir Moses gesê om sy hand na die wolke toe uit te steek sodat daar hael kan val op al die mense en diere en plante oor die hele Egipte. 23Toe Moses sy kierie na die lug uitsteek, het die Here weerligslae en hael laat kom. Blitse het op die aarde geslaan. Die Here het ’n yslike haelstorm oor Egipte laat losbars. 24Daar was ’n storm met haelstene en onophoudelike weerlig oor die hele Egipte soos daar nog nooit tevore was nie. 25Die hael het oor die hele land geval. Dit het alles platgeslaan wat buite in die veld was: mens en dier en plant, alles. Die hael het selfs die bome in die veld weggeslaan. 26Die enigste plek waar dit glad nie gehael het nie, was in Gosen waar die Israeliete gewoon het.
27Die farao het Moses en Aäron toe dringend laat kom. Hy het vir hulle gesê: “Ek het ’n fout gemaak. Hierdie keer is die Here reg. Ek en my volk is verkeerd. 28Bid asseblief tot die Here. Hierdie verskriklike donderslae en hael is te veel vir ons. Ek sal julle laat trek. Julle hoef my nie weer te kom vra om te gaan nie.”
29“Goed,” sê Moses vir hom, “sodra ek uit die stad uit is, sal ek tot die Here bid dat die donderstorm moet bedaar en dat die hael moet ophou. U sal dan besef dat die Here in beheer van die land is. 30Ek besef egter baie duidelik dat u en u mense nog glad nie die nodige respek vir die Here God het nie.”
31Die hele vlas- en garsoes is weggeslaan. Die gars was al in die aar en die vlas het net mooi begin uitstoot. 32Die koring en die hawer is darem nie vernietig nie omdat dit eers later moes opkom.
33Moses is toe van die farao af weg. Hy het net buite die stad tot die Here gebid. Die donderstorm en hael het opgehou en dit het ophou reën.
34Toe die farao sien dat die storm oor is, het hy maar net voortgegaan met sy sonde. Hy en sy amptenare het aanhou weier. 35Soos die Here tevore gesê het dit sou gebeur, het die farao steeds eiesinnig gebly en bly weier dat die Israeliete kan gaan.
Currently Selected:
Eksodus 9: DB
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.

: