Jeremia 47
47
Oor die Filistyne
1Die Here het vir Jeremia dinge gesê wat oor die Filistyne gaan. Dit was nog voor die farao van Egipte vir Gasa aangeval het. 2Die Here sê: “Daar kom vloedwater uit die noorde wat die hele land sal oorspoel. Dit is ’n vyand wat kom. Hy sal die land en alles daarin verwoes. Dit raak die stede en die mense wat daarin bly. Die mense sal skree omdat hulle bang is. Al die mense wat in die land bly, sal hartseer huil. 3As die vyand verbyjaag, sal die mense die geluid van perde se hoewe en die gedreun van die wiele van oorlogswaens hoor. Verskrikte pa’s sal weghardloop sonder om eens terug te kyk waar hulle kinders is. 4Die tyd het gekom om al die Filistyne uit te roei. Dit is ook die tyd om die mense uit Tirus en Sidon wat hulle kan kom help, af te sny. Ek sal die Filistyne wat oorspronklik van Kreta af kom, vernietig. 5Die mense van Gasa sal in rou wees. Askelon is klaar verwoes. Hoe lank sal julle wat op die kusvlakte by die Middellandse See oorgebly het, nog huil en kla omdat julle rou?
6Swaard van die Here, hoe lank nog voor jy weer tot rus kom? Gaan terug in jou skede! Kom tot rus en gedra jou stil! 7Maar hoe kan die swaard stil wees as Ek, die Here, dit ’n opdrag gegee het om te doen? Almal in Askelon en die kusvlakte moes doodgemaak word. Ek, die Here, het gesê dat dit gedoen moet word.”
Currently Selected:
Jeremia 47: DB
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.