Job 5
5
Elifas praat verder
1Elifas het verder gesê: “Al roep jy dat iemand jou moet kom help, niemand sal luister nie. By watter engele sal jy hulp soek? 2’n Mens wat ’n wrok dra, is eintlik dom. Dit maak jou op die ou einde dood. Jaloesie doen dieselfde met jou. 3Ek het al gesien hoedat dom mense dink alles is mooi en reg en dan tref ’n ramp skielik hulle huis. 4Hulle kinders bly agter en daar is niemand om te kyk of hulle veilig is nie. En as hulle in die hof beland, is daar niemand wat hulle saak verdedig nie. 5Honger mense steel die dom mens se oes. Hulle haal dit selfs onder die doringtakke uit waarmee dit toegepak is. Daar is gierige mense wat graag hulle rykdom wil hê. 6Swaarkry is mos nie iets wat uit die stof van die aarde uit opkom nie. Net so kom moeilikheid ook nie uit die grond uit op nie. 7Vonke spat altyd by ’n vuur. Net so seker as wat dit gebeur, word ’n mens gebore om moeilikheid te kry.”
8Elifas het aangegaan en gesê: “Wat ek sou gedoen het as ek jy was, Job: ek sou na die Here toe gaan en my saak by Hom stel. 9Hy doen wonderlike dinge wat eintlik te groot is vir ons om te verstaan. Hy doen meer wonderwerke as waarmee ons ooit rekening kan hou. 10Hy laat dit reën op die aarde en sorg dat die velde water kry. 11Hy maak dit moontlik vir die arm mense om hulle kop op te tel. Hy help mense wat hartseer is om weer met hulle lewe aan te gaan. 12Hy laat die planne van skelm mense skeefloop. Van al hulle pogings kom net mooi niks. 13Hy laat mense wat dink dat hulle baie slim is en ander kan uitoorlê, in hulle eie strikke trap. Hy steek ’n stokkie voor al hulle slinkse plannetjies. 14Donkerte oorval hulle helder oordag. In die middag tas hulle in die donker rond asof dit alreeds nag is. 15Hy red arm mense uit die dood. Hy maak hulle vry van mense met mag en invloed. 16Die Here gee vir die armes nuwe hoop. Hy stop mense om ander kwaad aan te doen.
17“’n Mens moet bly wees as God jou reghelp. Daarom moet jy dit nie ligtelik opvat as Hy jou straf nie. 18Dit is Hy wat die wonde veroorsaak, maar dit is ook Hy wat die wonde weer versorg en verbind. Hy deel die houe uit, maar sy hande maak ook weer die wonde gesond. 19Hy sal jou oor en oor uit die moeilikheid red. 20Hy sal sorg dat jy nie doodgaan as daar nie meer kos is om te eet nie. Hy sal ook kyk dat jy nie in ’n oorlog doodgaan nie. 21Hy sal jou beskerm teen mense se geskinder oor jou. Jy hoef ook nie bang te wees as rampe jou tref nie. 22Jy kan gerus maar ontspan oor rampe en hongersnood. Jy hoef ook nie bang te wees vir die wilde diere nie. 23Jy sal gemaklik wees met wat in die natuur aangaan. Die wilde diere sal hulle nie eers aan jou steur nie. 24Jy kan ook seker wees dat jou huis veilig sal wees. Al jou vee sal net so wees soos dit was. Niks sal weg wees nie. 25Jy sal baie kinders hê. Jou nageslag sal so baie wees soos al die gras wat op die aarde is. 26Jy sal lank lewe en oud word. Jy sal soos koring eers in die ryp tyd van jou lewe geoes word. 27Job, ons het al hierdie dinge uit ondervinding geleer. Jy kan gerus hierdie waarhede ernstig opvat. Pas dit op jou eie lewe toe!”
Currently Selected:
Job 5: DB
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.

: