Job 6
6
Job praat weer
1Job het sy vriende geantwoord en gesê: 2“As my hartseer geweeg en my probleme op ’n skaal gesit kon word, 3sal dit swaarder weeg as al die sand van die see. Dit is hoekom ek so kras gepraat het. 4Die Here wie se mag geweldig groot is, het my met sy pyle geskiet. Ek is vol van die gif van hierdie pyle. God het vreeslike dinge op my pad gestuur. 5Sê my, het ek die reg om ongelukkig te voel? ’n Donkie balk as hy nie gras het om te eet nie. ’n Bees bulk ook as daar nie voer in die krip is nie. 6En mense kla as daar nie sout in die kos is nie en dit smaakloos is. Die wit van ’n ongekookte eier is ook nie eetbaar nie. Dit is sleg! 7Ek sit nie my mond aan sulke kos nie. Dit maak my siek!”
8Job het verder gepraat: “Ag, as ek maar kan kry wat ek vra. Ek wens so dat God sal gee wat ek met my hele hart begeer! 9Ek wens Hy wil my verpletter. Ek wens Hy wil my laat doodgaan! 10Ten minste kan ek my hiermee troos: al kon ek die pyn amper nie uitstaan nie, so erg was dit, het ek wat die Here sê ernstig opgevat. 11Ek het nie meer die krag om langer uit te hou nie. Daar is nie meer iets in die lewe oor wat dit vir my die moeite werd maak om aan te hou nie. 12Is ek miskien van klip gemaak? Dink julle my lyf is so hard soos koper? 13Nee, die waarheid is dat ek heeltemal hulpeloos is. Ek kan myself nie help nie. Daar is geen hoop op uitkoms nie.”
14Verder sê Job: “’n Mens moet mooi werk met ’n vriend wat in so ’n toestand soos ek is. Ja, selfs al het ek miskien nie so geleef soos die Here wou hê ek moes nie. 15Julle is my vriende, maar julle is net so onbetroubaar soos ’n spruit wat die een oomblik droog is en die volgende oomblik kom die water daarin afgestroom. 16Onder die ys is die water donker. Sneeu maak die spruit so toe dat dit lyk of daar niks is nie. 17Wanneer dit weer warm word, verdamp die water. Die hitte droog die spruit heeltemal op sodat ’n mens nie eens kan sien dat daar een was nie. 18Reisigers draai af na die spruit om ’n bietjie lafenis te soek, maar dis pure verniet. Hulle beland in ’n droë wêreld en op die ou einde gaan hulle van dors dood. 19Reisigers wat van Tema en Skeba af kom, stop met die hoop om water te kry, 20maar kry niks nie. Hulle was so seker hulle sou water kry, nou staan hulle verslae by die droë spruit. 21Julle is vir my net soos hierdie droë spruit. Julle help my net mooi niks nie. Noudat julle sien hoe vreeslik my toestand is, is julle bang. 22Hoekom? Het ek al ooit vir julle gevra om vir my iets te gee? Sê my, het ek al in enige stadium vir julle gevra om iemand vir my om te koop? 23Het ek julle al gevra om my van my vyande te red? Het ek julle al ooit gevra om aan mense wat my onderdruk ’n losprys te betaal?”
24Job het gesê: “Ek sal stilbly as julle my wil leer. Help my verstaan waar ek verkeerd gedoen het. 25Dit is so dat dit nie lekker is om eerlike kritiek te hoor nie, maar dit kan my miskien help. Maar wat bereik julle met julle argumente? 26Dink julle miskien wat julle sê, maak enige indruk op my? Julle wil nie eens na my desperate geroep luister nie. Ek praat mos sommer in die wind! 27Julle trek oor ’n weeskind lootjies. Julle is selfs bereid om ’n vriend vir wins te verkoop. 28Maar kyk my in die oë. Dink julle ek sal in julle gesig vir julle lieg? 29Hou op om te dink dat ek skuldig moet wees. Ek het niks verkeerds gedoen nie; ek is onskuldig. Julle is regtig onregverdig teenoor my. 30Dink julle ek praat nie die waarheid nie? Weet julle, ek weet wat die verskil tussen reg en verkeerd is.”
Currently Selected:
Job 6: DB
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.

: