YouVersion Logo
Search Icon

Nehemia 7:1-2

Nehemia 7:1-2 DB

Nadat die muur rondom Jerusalem voltooi en die hekke gehang is, het ek hekwagte, sangers en Leviete aangestel. Ek het die verantwoordelikheid om die stad te regeer aan twee persone opgedra: my broer Hanani en Hanania, die bevelvoerder van die fort. Hanania was ’n baie meer betroubare en godvresende man as enige van die ander.