YouVersion Logo
Search Icon

Nehemia 7

7
1Nadat die muur rondom Jerusalem voltooi en die hekke gehang is, het ek hekwagte, sangers en Leviete aangestel. 2Ek het die verantwoordelikheid om die stad te regeer aan twee persone opgedra: my broer Hanani en Hanania, die bevelvoerder van die fort. Hanania was ’n baie meer betroubare en godvresende man as enige van die ander. 3“Moenie Jerusalem se hekke oopmaak voordat die son eers behoorlik skyn na sonop nie. Julle moet ook die hekke deeglik toesluit voordat die hekwagte met sononder van diens af gaan. Stel die wagte aan uit die inwoners van Jerusalem. Party van hulle moet by spesifieke wagposte wagstaan en ander moet voor die huise staan waarin hulle bly,” het ek vir hulle gesê.
Die name van mense wat saam met
Serubbabel uit ballingskap teruggekom het
4Jerusalem was ’n groot en uitgestrekte stad, maar die inwonertal was baie klein. Die paar huise wat daar was, was oor die hele stad versprei. 5God het my toe die idee gegee om die mense, die gewone inwoners, die vooraanstaande inwoners en hulle leiers bymekaar te laat kom sodat ek hulle amptelik kon registreer. Ek het die register met die name van dié wat eerste uit ballingskap teruggekom het, in die hande gekry en hierdie is die inligting wat daarin was: 6“Hier volg ’n lys van die mense uit die provinsie Juda wat teruggekom het uit die ballingskap waarheen Nebukadnesar, die koning van Babel, hulle weggevoer het. Hulle het teruggekom na Jerusalem en Juda toe, elkeen na sy eie stad toe. 7Hulle leiers was: Serubbabel, Josua, Nehemia, Asarja, Raämja, Nagamani, Mordegai, Bilsan, Mispar, Bigwai, Regum en Baäna. Die aantal mense van die volk Israel wat teruggekom het uit die ballingskap, ingedeel volgens hulle families, was: 8Paros 2  172, 9Sefatja 372, 10Arag 652, 11Pagat-Moab, uit die families van Josua en Joab, 2 818, 12Elam 1 254, 13Sattu 845, 14Sakkai 760, 15Bani 648, 16Bebai 628, 17Asgad 2 322, 18Adonikam 667, 19Bigwai 2 067, 20Adin 655, 21Ater, afstammelinge van die familie van Hiskia, 98, 22Gasum 328, 23Besai 324, 24Garif 112.
“Mense wie se voorouers in die volgende dorpe gebly het, het ook teruggekeer: 25Gibeon 95, 26Betlehem en Netofa 188, 27Anatot 128, 28Bet-Asmawet 42, 29Kirjat-Jearim, Kefira en Beërot 743, 30Rama en Geba 621, 31Mikmas 122, 32Bet-El en Ai 123, 33Nebo 52, 34Elam 1 254, 35Garim 320, 36Jerigo 345, 37Lod, Gadid en Ono 721, 38Senaä 3 930.
39“Die volgende is ’n lys van die priesterfamilies wat teruggekom het: Jedaja, uit die huis van Jesua, 973, 40Immer 1 052, 41Pasgur 1 247, 42Garim 1 017.
43“Die Levitiese families wat teruggekom het: Jesua uit die familie van Kadmiël uit die Hodaujagroep 74, 44tempelsangers uit die Asafgroep 148, 45tempelwagte uit die families van Sallum, Ater, Talmon, Akkub, Gatita en Sobai 138.
46“Die tempelwerkers met hulle families was: Siga, Gasufa, Tabbaot, 47Keros, Sia, Padon, 48Lebana, Gagaba, Salmai, 49Ganan, Giddel, Gagar, 50Reaja, Resin, Nekoda, 51Gassam, Ussa, Paseag, 52Besai, Meünim, Nefusim, 53Bakbuk, Gakufa, Gargur, 54Baslut, Megida, Garsa, 55Barkos, Sisera, Temag, 56Nesiag en Gatifa.
57“Afstammelinge van die werkers van Salomo, saam met hulle families, was: Sotai, Soferet, Peruda, 58Jala, Darkon, Giddel, 59Sefatja, Gattil, Pokeret-Sebajim en Amon. 60Die totaal van al die tempelwerkers en die nakomelinge van Salomo se amptenare was 392.
61“Uit Tel-Melag, Tel-Garsa, Kerub-Addan en Immer het mense teruggekom wat nie uit hulle families en voorouers kon bewys dat hulle van Israelitiese afkoms was nie. 62Dit was die families van Delaja, Tobija en Nekoda, altesaam 642. 63Van die priesterfamilies was daar ook nog dié van Gabaja, Kos en Barsillai, dit is Barsillai wat getroud is met ’n dogter van Barsillai die Gileadiet en toe na hom vernoem is. 64Hierdie mense kon ongelukkig nie bewys dat hulle name in die registers opgeneem is nie; daarom is hulle nie toegelaat om in die tempel diens te doen as priesters nie. 65Die goewerneur wou hulle nie eens toelaat om van die offervleis wat vir die priesters uitgehou word te eet voordat daar ’n priester gekom het wat God se wil kon bekendmaak nie.
66“Die totaal van die groep mense wat teruggekom het, was 42 360 mense, 67dit is nou bo en behalwe al hulle slawe, mans en vroue, wat altesaam 7 337 mense was. 68Verder was daar ook nog die musikante, mans en vroue, en hulle was 245. 69Daar was boonop 435 kamele en 6 720 donkies.”
70Sommige van die hoofde van die families het bydraes gegee vir die koste verbonde aan die herstelwerk. Die goewerneur het 8,5 kilogram goud, 50 seremoniële waskomme en 530 stelle priesterklere geskenk. 71Van die ander familiehoofde het 168 kilogram goud en 1 250 kilogram silwer bygedra. 72Die res van die mense het 168 kilogram goud, 140 kilogram silwer en 67 stelle priesterklere geskenk.
73Die priesters, die Leviete, die hekwagte, die sangers, ’n deel van die volk en die tempelwerkers het weer in die stede gaan bly waar hulle vroeër vandaan gekom het. Om die waarheid te sê, die hele Israel het dit gedoen.

Currently Selected:

Nehemia 7: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

Videos for Nehemia 7