21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™نموونە

“Kom in gebed na Hom toe”
Elia was ’n ambassadeur vir God. Jy sal onthou dat Elia gebid het en God het die reën vir drie en ’n half jaar teruggehou. Toe het Elia weer gebid en God het die reën gestuur. In 1 Konings 18 het Elia die Baäl-profete uitgedaag om te sien wie se god die ware God is. Hulle het ’n altaar gebou en tot hulle gode geroep, maar niks het gebeur nie. Elia het sy altaar gebou en selfs water oorgegooi. Daarna het hy vir God gevra om vuur uit die hemel te stuur. Die Here het die vuur gestuur en die offer het uitgebrand.
Dit is soms vir ons moeilik om te vra vir wat ons nodig het. Miskien is dit omdat ons so onafhanklik en trots is. Ons wil dinge op óns manier doen. Maar daar kom ’n tyd wanneer ons vir God moet sê: “Here, as U nie ingryp nie, is dit klaar met my. Help my, asseblief.”
Wanneer jy probeer om groot dinge vir God te doen, moet jy vir Hom vra wat jy nodig het. Jy weet as Hy dit nie doen nie, is dit nie moontlik nie. Dit is ’n goeie posisie om in te wees, want dan, wanneer dit volvoer is, kry God al die eer. Ons doel is om in gebed na Hom toe te kom en te vra.
GEBED: Vader, ek het ’n wonderwerk nodig. Sal U asseblief vir my een doen? Terwyl ek in geloof op U wag, bid ek dat U hierdie dinge vir my sal doen. Amen.

کتێبی پیرۆز
دەربارەی ئەم پلانە

Hierdie 21-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies oor gebed. Dit is ’n wonderlike hulpmiddel om ’n dieper verhouding met God te ontwikkel. Elke dag bevat ’n Skrifverwysing, ’n oordenking oor gebed en ’n slotgebed.
More
پلانە پەیوەستەکان

Following Jesus

Debt-Free by 31: 3 Biblical Keys That Made It Happen

Confidently YOU

7 Days to Phone Freedom

Lent | Week 6: A New Beginning

SIMPLE: Returning to the Essence of Easter

Reclaim Easter

Is There Hope for My Marriage? One Good Reason to Stay Together

I'm Just a Guy: Fighting for My Marriage