21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™نموونە
![21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F3311%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
“Bid sonder ophou”
Wat is gebed? Gebed is kommunikasie met God. Oswald Chambers het gesê: “Dis nie soseer dat gebed dinge verander nie, maar gebed verander my – dan kan ek dinge verander.” Dis baie interessant.
Wanneer jy met God praat, hoef jy nie ’n vaste formaat te volg nie. Jy kan huis toe ry ná werk of op pad wees kruidenierswinkel toe en met Hom praat. 1 Tessalonisense 5:17 sê: “Moenie ophou bid nie.” As jy op die oomblik deur ’n moeilike tyd gaan, wil ek jou aanspoor om te bid en met ’n kinderlike houding die Here te nader oor jou behoeftes.
Ek praat met die Here, sing vir die Here, roep die Here aan, stry met die Here, maar ek het deurgaans gemeenskap met die Here. Ek dink Hy sou dit verkies dat jy liewer vir Hom kwaad is as dat jy glad nie met Hom praat nie. Dink aan jou eie kinders – wanneer hulle nie met jou praat nie, raak jy regtig bekommerd. Praat dus met God oor jou finansiële behoeftes, jou werkbehoeftes, jou behoeftes by die huis en jy sal verras wees oor hoe God jou gebed beantwoord.
Ek het al dikwels na God uitgeroep in ’n tyd van beproewing en Hy het my elke keer gered. Ek het al gesien hoe Hy die wind laat draai, hoe Hy die reën laat kom, hoe Hy ’n vuur blus. Onthou nogtans dat gebed nie die spreekwoordelike kruidenierslysie is wat jy na God neem nie; Hy wil hê dat jy sy vriend moet wees. Hy sal met jou terugpraat, nie noodwendig hoorbaar nie, maar in jou hart en deur die natuur, deur goddelike bure of deur omstandighede.
Iemand het eenkeer skertsend vir my gesê: “Angus het ’n blitslyn na die hemel.” Daar bestaan nie so iets nie. ’n Mens moet bloot die tyd neem om by die Here te hoor en tyd saam met Hom deur te bring. Wanneer jy regtig begin om met Hom te praat en toelaat dat Hy met jou praat, sal jy nie ’n voet verkeerd sit nie.
Wanneer jy vandag uitgaan, praat met Hom, vertel Hom van jou vreugde, verwagtings, angs en vrese. Jy sal baie beter voel omdat die Here van die heelal sy oog op jou hou.
GEBED: Jesus, dankie vir u onvoorwaardelike liefde. Help my om meer tyd in gebed en aan u heilige Woord te bestee, met die wete dat ek enige tyd, enige plek met U kan praat. Amen.

کتێبی پیرۆز
دەربارەی ئەم پلانە
![21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F3311%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Hierdie 21-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies oor gebed. Dit is ’n wonderlike hulpmiddel om ’n dieper verhouding met God te ontwikkel. Elke dag bevat ’n Skrifverwysing, ’n oordenking oor gebed en ’n slotgebed.
More
پلانە پەیوەستەکان
![The Armor of God: Well Used Against Injury](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F55400%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Armor of God: Well Used Against Injury
![The Big 5](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F55289%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Big 5
![Freedom in Forgiveness: Discover the Healing in Letting Go by Sara Brunsvold](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F55402%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Freedom in Forgiveness: Discover the Healing in Letting Go by Sara Brunsvold
![We're So Blessed: A Fun 5-Day Family Devotional From CAIN](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F55340%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
We're So Blessed: A Fun 5-Day Family Devotional From CAIN
![The Way of the Cross](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F55288%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Way of the Cross
![3-Day Bible Quest: Level 2: Love Unlocked – Powering Up Through Jesus](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F55368%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
3-Day Bible Quest: Level 2: Love Unlocked – Powering Up Through Jesus
![Chosen and Complete: Embracing God's Plan Beyond Marriage](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F55339%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Chosen and Complete: Embracing God's Plan Beyond Marriage
![Bold Faith, Mighty Works: Walking in the Spirit’s Power](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F55354%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Bold Faith, Mighty Works: Walking in the Spirit’s Power
![Spiritual Beings](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F55405%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Spiritual Beings
![3-Day Bible Plan: How to Truly Love Thy Neighbor in Today’s World](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F55370%2F320x180.jpg&w=640&q=75)