1
Genesis 3:6
Bybel vir almal
Die vrou het toe gekyk en gesien sy kan van die boom se vrugte eet, en dit lyk baie lekker. Sy het nou geweet die vrugte sal haar slim maak. Sy het van die vrugte gepluk en geëet. Sy het ook vir haar man daarvan gegee, en hy het ook geëet.
Cymharu
Archwiliwch Genesis 3:6
2
Genesis 3:1
Die slang was slimmer en skelmer as al die wilde diere wat die Here God gemaak het. Die slang het vir die vrou gevra: “Is dit waar? Het God gesê julle mag niks van die bome in die tuin se vrugte eet nie?”
Archwiliwch Genesis 3:1
3
Genesis 3:15
“Jy en die vrou sal altyd vyande wees, en julle kinders sal ook altyd vyande wees. Haar nageslag sal probeer om jou dood te maak, en jy sal haar nageslag pik.”
Archwiliwch Genesis 3:15
4
Genesis 3:16
Vir die vrou het die Here God gesê: “Ek sal jou baie swaar laat kry wanneer jy swanger is. Jy sal baie swaar kry wanneer jou kinders gebore word. Jy sal altyd jou man begeer. Jou man sal jou hoof wees.”
Archwiliwch Genesis 3:16
5
Genesis 3:19
Jy sal hard werk en sweet om kos te kry. Jy sal aanhou werk totdat jy sterf en teruggaan na die grond, want jy kom uit die grond. Ja, jy is stof en jy sal weer stof word.”
Archwiliwch Genesis 3:19
6
Genesis 3:17
Daarna het die Here God vir die mens gesê: “Jy het na jou vrou geluister en jy het geëet van die vrugte van die boom wat jou kan help om te weet wat goed is en wat sleg is. Ek het vir jou gesê jy moenie daarvan eet nie. Daarom vervloek Ek die grond waarin jy moet werk. Jy sal baie swaar kry en jy sal jou hele lewe lank hard werk om genoeg kos te kry.
Archwiliwch Genesis 3:17
7
Genesis 3:11
Die Here God vra toe vir die mens: “Wie het vir jou gesê jy is kaal? Het jy geëet van die vrugte wat Ek gesê het jy mag nie eet nie?”
Archwiliwch Genesis 3:11
8
Genesis 3:24
Die Here God het die mens weggejaag en Hy het gerubs by die pad oos van die Eden-tuin laat wagstaan. Hulle het swaarde van vuur gehad en hulle moes keer dat die mense nie by die boom kom wat lewe gee nie.
Archwiliwch Genesis 3:24
9
Genesis 3:20
Die mens het sy vrou Eva genoem, want sy het die ma geword van al die mense.
Archwiliwch Genesis 3:20
Gartref
Beibl
Cynlluniau
Fideos