21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™ಮಾದರಿ

“Begin bid en sien God beweeg”
Ek weet wanneer mense bid, werk God. Ek begeer gebed meer as enigiets anders. Wanneer jy bid, gaan na jou binnekamer en praat met Jesus.
Hulle sê James Hudson Taylor, die man wat die China Inland Mission begin het, was nie ’n wonderlike prediker nie. Nadat hy met langverlof uit China gekom het, het hy baie bekend geword. ’n Amerikaanse verslaggewer wou ’n onderhoud voer met die Engelsman wat so ’n opskudding in China veroorsaak het. Hy het ’n Bybelstudie bygewoon waar Hudson Taylor teenwoordig was. Die vaal jong man het die joernalis glad nie beïndruk nie. Teleurgesteld het hy gewonder hoe hy ’n interessante artikel oor Hudson Taylor en sy werk sou kon skryf.
Toe die groep teen die einde van die aand begin bid, het sy opinie egter radikaal verander. Die joernalis het later berig dat hy nog nooit in sy lewe ’n man so met God hoor praat het soos Hudson Taylor nie. Hy het toe besef wie hierdie groot reus van die Christelike geloof is: Hy was ’n man van gebed.
Begin bid, en jy sal sien hoe God beweeg.
GEBED: Vader God, U het aan my die wonderlike gawe van gebed gegee. Help my om gebed ’n leefwyse te maak. Werk asseblief in my hart en lewe sodat ek ’n passie en begeerte na gebed sal hê. Amen.

ದೇವರ ವಾಕ್ಯ
About this Plan

Hierdie 21-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies oor gebed. Dit is ’n wonderlike hulpmiddel om ’n dieper verhouding met God te ontwikkel. Elke dag bevat ’n Skrifverwysing, ’n oordenking oor gebed en ’n slotgebed.
More
ವೈಶಿಷ್ಟ್ಯದ ಯೋಜನೆಗಳು

Creating to Heal: 7 Days of Healing Through Art & Prayer

Who Is Jesus?

When God Is Silent: Finding Faith in the Waiting

Cornerstone: Rebuild, Renew, Restore

Be Ye Holy: The Holy Spirit's Role in Our Lives

Jesus Never Said ‘Hustle’: Finding True Rest in a Burnout World

Adventure in Evangelism

Ways to Overcome Your Fears: Devotions for Girls (I Am Fearless)

Forgive Them Too??