1
JOHANNES 13:34-35
Nuwe Lewende Vertaling
Ek gee julle ’n nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefhê; soos Ek julle liefhet, net só moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal daaraan sien dat julle my dissipels is.”
ႏွိုင္းယွဥ္
JOHANNES 13:34-35ရွာေဖြေလ့လာလိုက္ပါ။
2
JOHANNES 13:14-15
As Ek dan, wat julle Here en Leermeester is, julle voete gewas het, moet julle ook mekaar se voete was. Ek het vir julle ’n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen.
JOHANNES 13:14-15ရွာေဖြေလ့လာလိုက္ပါ။
3
JOHANNES 13:7
Jesus antwoord hom: “Wat Ek besig is om te doen, verstaan jy nie nou nie, maar wanneer alles verby is, sal jy dit verstaan.”
JOHANNES 13:7ရွာေဖြေလ့လာလိုက္ပါ။
4
JOHANNES 13:16
Hoe waar is dit tog nie: ’n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie en ’n gestuurde ook nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie.
JOHANNES 13:16ရွာေဖြေလ့လာလိုက္ပါ။
5
JOHANNES 13:17
As julle hierdie dinge insien en julle eie maak, sal julle geseënd wees as julle dit ook doen.”
JOHANNES 13:17ရွာေဖြေလ့လာလိုက္ပါ။
6
JOHANNES 13:4-5
Hy het toe van die tafel af opgestaan, sy bo-klere uitgetrek, ’n doek gevat en dit om Hom vasgebind. Daarna het Hy water in ’n wasskottel gegooi en begin om die dissipels se voete te was en af te droog met die doek wat om Hom vasgebind was.
JOHANNES 13:4-5ရွာေဖြေလ့လာလိုက္ပါ။
ပင္မစာမ်က္ႏွာ
သမၼာက်မ္းစာ
အစီအစဥ္မ်ား
ဗီဒီယိုမ်ား