21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™Sample

“Die krag van gebed”
Is jy bekommerd oor jou kinders? Miskien het party van hulle die pad gevat en gaan reis. Dalk is daar ’n paar verlore seuns in die familie wat wild lewe. Elke keer as jy met hulle wil praat, weier hulle om na jou te luister. Wat kan jy daaromtrent doen?
Hoeveel tyd bring jy op jou knieë vir jou kinders deur? Hierin lê die uitdaging: As jy nie vir hulle bid nie, hoe verwag jy sal enigiets verander? Billy Graham het gesê as hy sy lewe oor kon leef, sou hy minder preek en meer bid. Waarom? Omdat daar krag in gebed is.
Ons moet begin om meer te bid en minder te praat. Party van ons jaag eintlik ons kinders van die huis af weg omdat ons die hele tyd in hulle ore neul. Hulle moet ook soos ons deur die skool van die lewe gaan om lewenslesse te leer. Hulle moet hul koppe stamp, want dis die enigste manier waarop hulle gaan leer.
Dit lyk egter tog asof hierdie probleem die afgelope paar jaar erger geword het. Jong mense doen net wat hulle wil. Wat kan ons doen? Die Bybel sê vir ons: “Die gebed van iemand wie se saak met God reg is, het ’n kragtige werking” (Jakobus 5:16). Ons moet minder praat en meer bid. Wees lief vir jou kinders en hou jou deur vir hulle oop om enige tyd huis toe te kom, maar dan wel op jou voorwaardes. Jy stel jou standaarde en bid, en God sal die res doen.
John Wesley se ma het elke dag vir haar seun gebid. Ek het al baie stories gehoor oor mans en vroue wie se ma’s vir hulle gebid het. God het hierdie evangeliste opgerig om reuse in sy koninkryk te wees. Begin om meer te bid en minder te praat. Moedig aan en kritiseer minder. Begin glo wat God oor jou kind sê en nie wat ander mense sê nie. Hou aan glo en bid; God sal jou gebede beantwoord. Mag God jou ryklik seën.
GEBED: O Here, U ken die wanhoop en pyn in my siel. U weet hoe lief ek my gesin het. Ek vra dat U vir my kinders sal intree. Vader, bring hulle asseblief huis toe. Gee my die moed om aan te hou glo en bid. Amen.

Scripture
About this Plan

Hierdie 21-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies oor gebed. Dit is ’n wonderlike hulpmiddel om ’n dieper verhouding met God te ontwikkel. Elke dag bevat ’n Skrifverwysing, ’n oordenking oor gebed en ’n slotgebed.
More
Ons wil graag Angus Buchan / Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumuitgewers.co.za/
Related Plans

Here and Now: Embracing the Gift of Presence in Marriage

How Sweet the Sound

Do Whatever He Says: A Powerful Revelation of John 2

Faith Under Fire

What Do Christians Believe?

Fast 40: Practicing the Ancient Spiritual Discipline of Lent

Messy House, Clean Heart: A 5(ish)-Day Reading Plan From Dana K. White
![[Know This] Promises of a Precious Faith](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F55603%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
[Know This] Promises of a Precious Faith

How God Used Men in the Bible