By Waters Van RusSample

“God is my herder”
Kan ’n mens ooit genoeg kry van Psalm 23? Hierdie kort psalm is gelaai met deernis en omgee en troos en geborgenheid. Dit is ’n oase in ’n woestyn van lewensnood, ’n veilige hawe teen lewensbedreigende storms. Maar dis nog meer: dis ’n geloofsbelydenis! Om te kan getuig dat die Here my herder is, moet ek gewillig wees om God se skaap te wees. En in die idioom van Bybelse tye was ’n skaap ’n volgeling. Hy het na die stem van sy herder geluister en daardie stem gehoorsaam.
Die Here is my herder. Ek is deel van God se kraal. My lewe word bewaar deur God se troue liefde. Hy sorg dat ek by waters kom waar daar vrede is. Vrede wat beteken om heel te wees, om ’n vervulde mens te wees. My Herder wil hê ek moet ’n heel mens wees, ’n gelukkige mens, ’n tevrede mens. Wat ’n genade om deur my Herder vertroetel te word. Wat ’n voorreg om my Herder se stem te gehoorsaam.
Ons vind in die Bybel ook die beeld van ’n volk wat soos skape ronddwaal, sonder ’n herder, uitgelewer aan die gevaar van wilde diere. Dan verskyn Jesus op die toneel. Hy bied Homself aan as die goeie Herder wat sy lewe vir sy skape aflê. Hy is die Herder wat lewe gee. Petrus sê dat ons almal gedwaal het soos skape sonder ’n herder, maar nou, noudat ons vir Jesus aangeneem het, het ons by ons Bewaker tuisgekom. Tuis in God se kraal. Geborge deur sy versorgende liefde.
Hierdie oordenking is geneem uit JOU GOD IS HIER! deur Johan Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Scripture
About this Plan

Psalm 23 is die bekende Herderspsalm wat ontelbare gelowiges troos met die wete dat God ook vir óns die Herder sal wees, wat ons sal lei na stille waters waar daar vrede is. Johan Smit vertel van die vrede en versekering van God se sorg wat gelowiges hieruit put, en ook van Jesus, ons Herder wat sy lewe vir sy skape aflê. Hierdie 8-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies uit dié gewilde Suid-Afrikaanse skrywer se dagboeke BY WATERS VAN RUS en JOU GOD IS HIER!
More
Ons wil graag Johan Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.cumbooks.co.za/
Related Plans

How God Used Men in the Bible

How Sweet the Sound

How to Be Unstoppable for God

Faith Under Fire

Fast 40: Practicing the Ancient Spiritual Discipline of Lent

Messy House, Clean Heart: A 5(ish)-Day Reading Plan From Dana K. White

Do Whatever He Says: A Powerful Revelation of John 2
![[Know This] Promises of a Precious Faith](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F55603%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
[Know This] Promises of a Precious Faith

Here and Now: Embracing the Gift of Presence in Marriage