PSALMS 149
149
Lofgesang en oorlogswaard.
1HALLELUJA! Sing tot eer van die Here 'n nuwe lied, sy lof in die vergadering van die gunsgenote!
2Laat Israel hom verheug in sy Maker; laat die kinders van Sion juig oor hulle Koning!
3Laat hulle sy Naam loof in koordans, Hom psalmsing met tamboeryn en siter.
4Want die Here het 'n welbehae in sy volk; Hy versier die ootmoediges met heil.
5Laat die gunsgenote juig in heerlikheid; laat hulle jubel op hul bedde.
6Lofverheffinge van God is in hulle keel, en 'n tweesnydende swaard in hulle hand;
7om wraak te oefen onder die heidene, strafgerigte onder die volke;
8om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie;
9om 'n vonnis wat opgeskrywe is, aan hulle te voltrek. 'n Eer is dit vir al sy gunsgenote! Halleluja!
Selectat acum:
PSALMS 149: AFR53
Evidențiere
Copiază
Compară
Împărtășește
Dorești să ai evidențierile salvate pe toate dispozitivele? Înscrie-te sau conectează-te
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.