Logo ng Bible App
Hanapin ang Icon

JESAJA 4

4
1Daardie dag sal sewe vrouens
een man beetpak
en sê: “Ons sal ons eie brood eet
en self vir ons klere sorg.
Laat ons net jou naam dra,
neem ons smaad weg!”
Die Here sal die inwoners van Jerusalem reinig
2Daardie dag sal alles wat die Here laat uitspruit,
mooi en weelderig wees.
Dié uit Israel wat vrygekom het,
sal trots wees op die opbrengs van die land
en hulle daarin verlustig.
3Wie in Sion oorgebly het,
wie in Jerusalem bewaar gebly het,
elkeen in Jerusalem wat vir die lewe opgeskryf is,
sal heilig genoem word.
4Die Here sal die inwoners van Sion
reinig van hulle wandade
en Hy sal die bloed wat aan die hande van Jerusalem kleef,
verwyder deur die Gees wat oordeel en verteer.
5Dan sal die Here bedags 'n wolk en snags
die rook en glans van 'n vlammende vuur skep
oor elke woonplek op Sionsberg
en oor al die bymekaarkomplekke daar.
Sy magtige teenwoordigheid sal alles beskut.
6Daar sal 'n skuiling wees,
'n skaduwee teen die hitte bedags,
'n skuilplek en toevlug teen stortbuie en reën.

Kasalukuyang Napili:

JESAJA 4: AFR83

Haylayt

Kopyahin

Paghambingin

Ibahagi

None

Gusto mo bang ma-save ang iyong mga hinaylayt sa lahat ng iyong device? Mag-sign up o mag-sign in