JESAJA 12

12
God is my Redder
1Op daardie dag sal jy sê:
“Ek loof U, Here!
U was kwaad vir my,
maar U is nou nie meer kwaad nie
en U het vir my uitkoms gegee.
2God is my redder;
Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie.
Die Here my God is my krag en my beskerming;
Hy is my redder.”
3Met blydskap sal julle water skep
uit die fonteine van redding.
4Op dié dag sal julle uitroep:
“Loof die Here,
roep sy Naam aan,
maak sy dade onder die volke bekend
en verkondig dat sy Naam groot is.
5Sing tot die eer van die Here, want Hy het groot dinge gedoen,
maak dit aan die hele wêreld bekend.
6Jubel en juig, inwoners van Sion,
want groot is die Heilige van Israel
en Hy is by julle!”

موجودہ انتخاب:

JESAJA 12: AFR83

سرخی

کاپی

موازنہ

شئیر

None

کیا آپ جاہتے ہیں کہ آپ کی سرکیاں آپ کی devices پر محفوظ ہوں؟ Sign up or sign in