Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 KORINTIËRS 15:10

Die boek 1 Korintiërs met Jennie Allen: ’n Video-Bybelstudie
5 dae
Christenskap vereis opoffering van ons. Ons moet kies tussen ’n lewe vir onsself of vir Christus. Paulus het hieroor geskryf aan mense wat selfgesentreerd geleef het. Hy herinner hulle daaraan om Jesus te volg. In hierdie Bybelstudie van RightNow Media, neem Jennie Allen ons in die morsige lewens van die mense van Korinte en help ons om onsself vandag te onderskei van die wêreldse kultuur.

Filippense/Kolossense: Dat Ek Hom Mag Ken
7 dae
Waarom is dit dat mense so maklik mislei kan word aangaande geestelike sake ? In ’n tyd wanneer so baie mense beweer dat húlle al die antwoorde het, kan ons vind dat ons hopeloos verward is, en ’n verwronge begrip van Jesus Christus het. Waarheen kan ons gaan vir ’n duidelike beeld van wie Jesus werklik is?

Wees Veilig by God
7 dae
Hierdie leesplan wil jou vertel oor jou bestaan, wat jy doen en aan wie jy behoort sodat jy elke dag kan hoor hoe jou hemelse pa in jou oor fluister: “Goeie genade, jy is spesiaal!” Omdat God jou oorlaai met sy genade. Hierdie 7-dag groeiplan help jou om te kan sê: “Kom ons vier die regte dinge in die lewe.” Dit wil jou oortuig dat jy ín God veilig is.

1 Korintiërs
24 dae
"Hoe moet 'n Christen lewe?" Is die onderwerp wat in die eerste brief aan die Korintiërs aangespreek word, en gee praktiese sorg en regstelling aan die kwessies wat jong Christene in die gesig staar. Reis daagliks deur 1 Korintiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.