Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 KORINTIËRS 15:3

Die Groter Prentjie - Evangelie
4 Dae
Hierdie 4-dagleesplan fokus op die hart van die Christelike geloof – die evangelie. Ons ontdek wat die goeie nuus is, hoekom ons dit nodig het, wat Jesus vir ons gedoen het, en hoe ons daarop moet reageer. Die evangelie is nie net ‘n boodskap nie, maar ‘n uitnodiging tot nuwe lewe. - Ian Dubery

Die boek 1 Korintiërs met Jennie Allen: ’n Video-Bybelstudie
5 dae
Christenskap vereis opoffering van ons. Ons moet kies tussen ’n lewe vir onsself of vir Christus. Paulus het hieroor geskryf aan mense wat selfgesentreerd geleef het. Hy herinner hulle daaraan om Jesus te volg. In hierdie Bybelstudie van RightNow Media, neem Jennie Allen ons in die morsige lewens van die mense van Korinte en help ons om onsself vandag te onderskei van die wêreldse kultuur.

Jesus het vir jou gedoen wat jy nie vir jouself kan doen nie
5 Dae
God begeer om met alle mense in 'n verhouding te staan. En die goeie nuus is dat Jesus Christus alles gedoen het wat nodig is, sodat dit moontlik kan wees. In hierdie 5-dagleesplan skenk ons aandag aan God se liefde, Jesus se verlossingswerk aan die kruis, sy opstanding uit die dood en die uitnodiging om ware lewe in Hom te vind. Hoe gaan jy reageer op hierdie uitnodiging wat ewige nagevolge sal hê?

Filippense/Kolossense: Dat Ek Hom Mag Ken
7 dae
Waarom is dit dat mense so maklik mislei kan word aangaande geestelike sake ? In ’n tyd wanneer so baie mense beweer dat húlle al die antwoorde het, kan ons vind dat ons hopeloos verward is, en ’n verwronge begrip van Jesus Christus het. Waarheen kan ons gaan vir ’n duidelike beeld van wie Jesus werklik is?

Deel Jesus met Vertroue
10 dae
Deel die Goeie Nuus van Jesus! "Dit is nie so maklik nie," sal jy dalk sê. Maar dit is ons opdrag — Jesus het daardie opdrag uitgeleef en oorgegee aan sy volgelinge. In hierdie 10-dag leesplan wil Willie Robertson jou inspireer, toerus en uitdaag om iemand te word wat Jesus se evangelie met vertroue aan ander uitdra en gereed is wanneer jy die geleentheid kry.

Die basiese beginsels van die Christelike geloof
13 Dae
As jy nuut is in die Christelike geloof, is daar baie om te leer. Mens kan maklik verdwaal in al die stories, sleutelwoorde en waarhede waaroor Christene praat. Hierdie leesplan gee 'n kort opsomming van die basis van die Christelike geloof, deur 'n eeueoue geloofsbelydenis te lees waaroor feitlik alle kerke wêreldwyd saamstem. Dit is die kern van Christenskap wat jy regtig moet weet!

Ten volle Toegewyd: 'n Inleiding
14 Dae
Wil jy groei in jou verhouding met God, die Bybel beter verstaan en leer hoe jy vandag vir Jesus getrou in ons wêreld kan volg? Met die Bybelse verhaal as ons gids, kom ons ontdek waarhede en ontwikkel vaardighede wat ons sal help om ten volle toegewyde volgelinge van Christus te word. Hierdie leesplan is deel 1 in 'n reis van 9 dele.

1 Korintiërs
24 dae
"Hoe moet 'n Christen lewe?" Is die onderwerp wat in die eerste brief aan die Korintiërs aangespreek word, en gee praktiese sorg en regstelling aan die kwessies wat jong Christene in die gesig staar. Reis daagliks deur 1 Korintiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.