Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 KORINTIËRS 15:57

Moenie Vir Die Vyand ’N Plek Aan Jou Tafel Gee Nie
6 Dae
Ons almal sukkel soms om ons gedagtes te beheer en hulle eerbaar en verheerlikend vir God te maak. In hierdie 6-dag-leesplan, gebaseer op Louie Giglio se boek DON’T GIVE THE ENEMY A SEAT AT YOUR TABLE, sal jy leer hoe om beheer te neem oor jou gedagtes en emosies – deur die krag wat God vir ons gegee het deur Jesus Christus om die vyand te oorwin.

100 dae van dankbaarheid
7 dae
Mense wat dankbaar is, is gelukkiger, slaap beter, fokus beter en is makliker om mee oor die weg te kom. Om meer dankbaar te leef is seker iets waarna ons almal streef. Ons leer hoe ons elke dag dankbaar kan wees, waarvoor ons dankbaar kan wees en hoe om in dankbaarheid te leef.

Verlossing
7 Dae
Feed se Kategismus is 'n reeks vrae en antwoorde wat individue in staat stel om die Skrif te verken en die verhaal van God te ontdek. Dit is geskryf deur 'n uiteenlopende span teoloë en leraars van kerke, en word toegelig deur die groot kategese uit die geskiedenis. Dit is deel vyf van nege in die Feed Kategismus leesplanreeks: Skepping, Sondeval, Verbond en Wet, Vleeswording, Verlossing, Genade en Vergifnis, Die Heilige Gees, Die Kerk en Nuwe Skepping.

Kies Om Dankbaar Te Wees
7 dae
Dankbaarheid is 'n keuse. Ons kan nie wag tot alles in ons perfek is voor ons besluit om dankbaar te wees nie. Daardeur misken ons nie die slegte dinge en lyding in die lewe nie, maar ons kies om die lig van dankbaarheid deur ons te laat vloei en ons lewens te verlig. Dankbaarheid maak die lewe ligter en bring vreugde.

Kom saam, Ontdek wysheid uit die Woord.
7 Dae
Kom klim saam met my in my motor. Kom saam op my reis. Dis my gebed dat die Here vir jou hoop sal gee wanneer jy moeg en moedeloos is. Ook dat Hy vir jou vreugde sal gee wanneer jy gestroop en tam is. Mag God jou mooi help om sy lig daar voor in die pad te bly volg.

Ten volle Toegewyd: 'n Inleiding
14 Dae
Wil jy groei in jou verhouding met God, die Bybel beter verstaan en leer hoe jy vandag vir Jesus getrou in ons wêreld kan volg? Met die Bybelse verhaal as ons gids, kom ons ontdek waarhede en ontwikkel vaardighede wat ons sal help om ten volle toegewyde volgelinge van Christus te word. Hierdie leesplan is deel 1 in 'n reis van 9 dele.

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer
18 Dae
Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.

1 Korintiërs
24 dae
"Hoe moet 'n Christen lewe?" Is die onderwerp wat in die eerste brief aan die Korintiërs aangespreek word, en gee praktiese sorg en regstelling aan die kwessies wat jong Christene in die gesig staar. Reis daagliks deur 1 Korintiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.