Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 KORINTIËRS 2:4

Die boek 1 Korintiërs met Jennie Allen: ’n Video-Bybelstudie
5 dae
Christenskap vereis opoffering van ons. Ons moet kies tussen ’n lewe vir onsself of vir Christus. Paulus het hieroor geskryf aan mense wat selfgesentreerd geleef het. Hy herinner hulle daaraan om Jesus te volg. In hierdie Bybelstudie van RightNow Media, neem Jennie Allen ons in die morsige lewens van die mense van Korinte en help ons om onsself vandag te onderskei van die wêreldse kultuur.

Dissipelmakers Verander Die Wêreld
11 Dae
Ons ken almal die woord "dissipel." Min mense is egter bekend met die woord "dissipelmaker." Jesus het 12 manne gekies en hulle dissipels gemaak wat weer op hulle beurt dissipels kon maak. Dit beteken dat Jesus dissipelmakers gemaak het: dissipels wat dissipels kan maak.

1 Korintiërs
24 dae
"Hoe moet 'n Christen lewe?" Is die onderwerp wat in die eerste brief aan die Korintiërs aangespreek word, en gee praktiese sorg en regstelling aan die kwessies wat jong Christene in die gesig staar. Reis daagliks deur 1 Korintiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.