Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 KORINTIËRS 6:18

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Huwelik, Reinheid en Seksualiteit
6 dae
Huwelike is onder geweldige druk. Baie mense skei en van die meeste redes is 'n onwilligheid om te vergewe. Die huwelik het 'n kontrak geword en word nie meer as 'n verbond voor God hanteer nie; God se riglyne word dus nie nagekom nie.

God se Ontwerp vir Seks
5 Dae
Geldhanteerders by die tesourie, leer om vervalste banknote te identifiseer deur die ingewikkelde patrone wat op die egte geldeenhede voorkom te bestudeer. Net so begin die begrip van die gebrokenheid van seksuele sonde by God se ontwerp vir opregte seksuele intimiteit. Die heiligheid van menslike seksualiteit oortref die liggaamlike daad. Dit weerspieël die heiligheid van God, sy verhouding in die Drie-eenheid en sy begeerte om jou liggaam, siel en verstand gelykvormig te maak aan die beeld van Christus.

1 Korintiërs
24 dae
"Hoe moet 'n Christen lewe?" Is die onderwerp wat in die eerste brief aan die Korintiërs aangespreek word, en gee praktiese sorg en regstelling aan die kwessies wat jong Christene in die gesig staar. Reis daagliks deur 1 Korintiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
