Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 JOHANNES 1:9
![Praat Met God In Gebed](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F327%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Praat Met God In Gebed
4 Dae
'n Gesin se lewe kan baie besig wees en ons maak nie altyd tyd om te bid nie—ons onthou nie eers om ons kinders te help om 'n gewoonte daarvan te maak om God deel te maak van hulle dag nie. In hierdie leesplan gaan jou gesin agterkom hoe graag God van hulle wil hoor en hoe gebed hulle verhouding met Hom en met mekaar versterk. Vir elke dag is daar 'n gebed, 'n kort Skrifgedeelte met 'n verduideliking, praktiese toepassing, asook 'n bespreking en vrae.
![Handelinge Van Bekering](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F160%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Handelinge Van Bekering
5 Dae
Bekering is die belangrikste besluit wat ons neem wanneer ons Christus aanneem as ons persoonlike Saligmaker. Bekering is ons aksie en vergifnis is die reaksie van God vanuit sy volmaakte liefde vir ons. Gedurende hierdie 5-dag leesplan sal jy 'n daaglikse Skrifgedeelte ontvang, saam met 'n kort toewyding wat ontwikkel is om jou beter te laat verstaan hoe belangrik jou wandel met God is.
![Moenie Vir Die Vyand ’N Plek Aan Jou Tafel Gee Nie](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F26115%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Moenie Vir Die Vyand ’N Plek Aan Jou Tafel Gee Nie
6 Dae
Ons almal sukkel soms om ons gedagtes te beheer en hulle eerbaar en verheerlikend vir God te maak. In hierdie 6-dag-leesplan, gebaseer op Louie Giglio se boek DON’T GIVE THE ENEMY A SEAT AT YOUR TABLE, sal jy leer hoe om beheer te neem oor jou gedagtes en emosies – deur die krag wat God vir ons gegee het deur Jesus Christus om die vyand te oorwin.
![Wat Jesus Gesê Het Oor Die Huwelik, Reinheid en Seksualiteit](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F44400%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Wat Jesus Gesê Het Oor Die Huwelik, Reinheid en Seksualiteit
6 dae
Huwelike is onder geweldige druk. Baie mense skei en van die meeste redes is 'n onwilligheid om te vergewe. Die huwelik het 'n kontrak geword en word nie meer as 'n verbond voor God hanteer nie; God se riglyne word dus nie nagekom nie.
![Verlore Seun Transformasie met Kyle Idleman](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F1321%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Verlore Seun Transformasie met Kyle Idleman
7 Dae
Oorgeneem uit Kyle Idleman se boek "AHA". (Awakening, Honesty, Action) Ontdek die 3 elemente wat ons nader aan God kan bring en ons lewens ten goede kan verander. Is jy gereed vir die oomblik wanneer God alles verander?
![Bewys](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F9209%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Bewys
7 Dae
Te veel van ons gaan deur die lewe met die gevoel dat ons nie daarvoor opgewasse is nie. Dit lyk asof ons altyd na meer dors. Ons dink dat as ons net harder kon werk of beter kon wees, ons genoeg sal wees. Die waarheid is egter dat ons nooit genoeg sal wees nie. Gelukkig hoef ons nie te wees nie. In Proven, gaan Jenny Allen deur sleutelgedeeltes in die boek van Johannes om te wys hoe net Jesus genoeg is. Ons hoef niks te bewys nie, want Jesus het reeds alles bewys. In hierdie 7-dag leesplan sal jy onderwerpe soos God se triomf oor die dood, geloof in sy daaglikse leiding en hoe om in intimiteit met Christus te groei, ondersoek. Vind uit hoe ons dorstige harte slegs deur die Lewende Water stilgemaak kan word
![Nie Oortuig: Verkenning van Geloof as `n Skeptiese Persoon](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F11308%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Nie Oortuig: Verkenning van Geloof as `n Skeptiese Persoon
7 dae
As jy skepties is oor Ou-Testamentiese stories wat soos feëverhale klink, of vasgeval het in die reëls wat saam met godsdienstigheid kom, is hier goeie nuus: om Jesus te volg vereis geloof, maar nie die geloof in `n boek, `n stel reëls, of selfs `n spesifieke godsdienstige sisteem nie. Hierdie plan bied `n beginpunt vir geloof wat uiteindelik iets – of meer spesifiek Iemand – is waarin jy kan glo.
![Ewige Sekerheid](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F11792%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Ewige Sekerheid
7 Dae
Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om te verstaan hoekom jou redding in Christus verseker is en jou ook help om die soort lewe na te streef wat God vir jou begeer.
![Geloof Soos ’N Mosterdsaad](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F24307%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Geloof Soos ’N Mosterdsaad
7 dae
Die oordenkings in 'n Mosterdsaad is bedoel vir elke kind van God wat geloof so groot soos ’n mosterdsaad nodig het om deur die dag te kom. Só kan hulle in die volheid wandel van alles wat God in die koninkryk vir hulle voorberei het. Bekende evangelis Angus Buchan neem jou op reis deur God se Woord in hierdie leesplan van sewe dae.
![Sy liefde red ons](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F43337%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Sy liefde red ons
7 dae
God het sy liefde gedemonstreer deur sy enigste Seun te stuur om as offer in ons plek aan die kruis te sterf. As vlekkelose Lam van God het Jesus die ganse mensdom met sy bloed vrygekoop. In Hom staan ons voor God die Vader, volmaak, vergewe en vrygespreek, ons foute vir ewig uitgewis. Daarom kan ons Hom vandag loof en die kruis aangryp en weet: Sy liefde red ons!