Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 JOHANNES 4:7

God Se Liefde in Breë Trekke
5 dae
Ons kom weereens diep onder die indruk van die feit dat niks ons van God se liefde kan skei nie. Toe Karl Barth na ‘n lesing wat hy gegee het, deur ‘n student gevra is om op te som wat hy geleer het in sy werk as teoloog, het Bart gesê: Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die Woord van God.

God Se Kragtige Liefde
7 dae
“God se liefde is die sterkste krag in die wêreld. Jy kan dit glo en elke dag onthou. Dit maak nie saak wat in jou lewe gebeur nie, God sal altyd daar wees vir jou. Hy sal jou nooit verlaat nie. Glo dit met jou hele hart!” Dit is Angus Buchan se boodskap oor God se ewigdurende liefde in hierdie 7 oordenkings uit sy dagboek ALLES WAT EK NODIG HET.

My Saligmaker Leef
7 Dae
Die goeie nuus vir ons is dat Jesus Christus – ons Saligmaker – lewe. Sy geboorte en lewe is nie iets wat ons ons maar net verbeel het nie – dit is die grootste verhaal wat daar is! Terwyl ons God se grootste geskenk aan die wêreld vier, kan ons ook elke dag met die sekerheid leef dat Hy die pad saam met ons stap – elke dag van die jaar.

Mites Teenoor Waarhede Vir Ma's
7 Dae
Hierdie 7-dag reis nooi ma’s in ‘n dieper ontdekking van identiteit, genesing en geestelike groei in Christus. Elke dag fokus op ‘n kernwaarheid soos teenwoordigheid, emosionele eerlikheid, sekuriteit, genade, grense en vergifnis. Deur Skrif, praktiese refleksie en geloofsgebaseerde insig word ma’s begelei om vry te word van perfeksionisme, skuld en oordraagbare wonde. Die doel is om vanuit oorvloed en nie uit uitputting nie te leef, en om ‘n veilige, liefdevolle nalatenskap vir die volgende generasie te bou.

Die Offerandes
8 dae
Wanneer ons die offerandes van die Ou Testament soos opgeteken in Levítikus 1-7 bestudeer, sal dit goed wees as ons onsself daaraan herinner dat daar deur die OFFERANDES ’n weg tot God is – Christus is ons offerlam. Die offerandes was ’n kenmerk van die godsdiens van die volk Israel wat binne die raamwerk van die openbaring by die berg Sinai geskied het.

Vrug Van Die Gees
11 Dae
Die oomblik wanneer jy tot geloof in Jesus Christus kom, ontvang jy die Heilige Gees in jou hart. Hy verander jou van binne en laat jou in heiligheid groei. Hierdie leesplan bestudeer die vrug wat die Heilige Gees in die lewens van gelowiges dra, soos dit in Galasiërs 5:22-23 gelys word.

1 Johannes
27 Dae
Daar is geen middeweg in hierdie eerste brief van Johannes nie - óf ons kies lig óf duisternis, waarheid tot leuens, liefde of haat; ons omhels die een of die ander, net soos ons die Here Jesus Christus óf glo óf verloën. Reis daagliks deur 1 Johannes terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes
29 dae
In hierdie briewe het Johannes die diepe verband tussen liefde en gehoorsaamheid verduidelik. Johannes se aanmoediging vir alle gelowiges om mekaar lief te hê is vandag net so toepaslik as wat dit in die eerste eeu was. Hierdie studie ondersoek hoe die liefde van Christus ons nie net verander nie, maar ook die wêreld verander deur ons gehoorsaamheid aan sy opdragte.