Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 PETRUS 1:21

Die Offerandes
8 dae
Wanneer ons die offerandes van die Ou Testament soos opgeteken in Levítikus 1-7 bestudeer, sal dit goed wees as ons onsself daaraan herinner dat daar deur die OFFERANDES ’n weg tot God is – Christus is ons offerlam. Die offerandes was ’n kenmerk van die godsdiens van die volk Israel wat binne die raamwerk van die openbaring by die berg Sinai geskied het.

1 Petrus
15 Dae
As jy vir Jesus ly, dan moedig hierdie eerste brief van Petrus jou aan dat jy in Jesus se voetspore volg, wat eerste vir ons gely het. Reis daagliks deur 1 Petrus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Verlosser - Die Belofte Vervul
29 dae
Kersfees kan 'n oorweldigende seisoen wees. Dis maklik om te vergeet wat ons werklik met Kersfees vier: Ons vier dat 'n Verlosser vir ons gebore is. Ons vier die vervulling van die Wet en die Profete in Jesus. Ons vier Immanuel, God met ons. Ons bid dat hierdie studie sal help om jou geloof, jou begrip van Kersfees en die koms van Christus ons Verlosser, te verdiep.