Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 PETRUS 2:9

Christenskap 101
4 Dae
Leer wat dit beteken om ’n heilige te wees in Jesus se oë, en hoe jou lewe, woorde en dade sy liefde kan weerspieël. Hierdie 4-dag-leesplan help jou om stil te staan by jou identiteit in Christus, wysheid in aksie, eerlike selfbeeld en om die ware skatte van die kerk te ontdek – mense in nood. Praktiese en geestelik inspirerende insigte vir elke gelowige.

Gee vir God die Eerste Plek
5 dae
Om vir God die eerste plek in ons lewens te gee, is nie ‘n eenmalige gebeurtenis nie…dit is ‘n lewenslange proses vir elke Christen. Of jy nou nuut is in die geloof, en of jy nou alreeds ‘n “veteraan” volgeling van Christus is, jy gaan vind dat hierdie plan maklik is om te verstaan en te implimenteer, en dat dit ‘n hoogs effektiewe strategie is vir ‘n Christelike oorwinningslewe.

Wat Jesus Gesê Het Oor Totale Oorgawe en Sterf Aan Jouself
6 dae
Die Christelike lewe vra dat ons moet wegdraai van onsself, die begeerlike dinge in die wêreld, en onsself nie verhef tot by 'n plek waar ek en my begeertes die belangrikste is nie. In hierdie leesplan wil ons kyk wat die Skrif hieroor sê.

Wat is volgende: Studente Uitgawe
7 Dae
Hierdie 7-dag grondslag leesplan, sal jou deur God se Woord neem om jou te help om te ontdek wie God is en wie Hy jou gemaak het om te wees.

Daaglikse Godpreneur: Paasfees Leesplan
7 Dae
Hoe beïnvloed die gebeure van Paasfees jou entrepreneurs-reis? Ontdek hoe om jou onderneming te laat groei en nader aan Jesus te kom in hierdie 7-dag leesplan.

10 Mini-Oordenkings Vir Vroue
10 dae
Carolyn Larsen wil jou daagliks herinner aan die wonderlikste geskenk denkbaar: die wete dat God jou liefhet. Laat jouself elke dag bemoedig word deur sy onvoorwaardelik liefde en ewige nabyheid. Hierdie 10 kort en inspirerende oordenkings is geneem uit MINI-OORDENKINGS VIR VROUE.
Hoop Vir ’n Nuwe Dag
14 dae
Ware hoop is om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe te beweeg. Dis om die skerp klippe onder jou voete te voel, maar dan te kies om saam met jou Vader aan te hou stap. Hierdie leesplan is saamgestel uit KRAG VIR ELKE DAG deur Milanie Vosloo en sal jou help om dapper voort te beur deur tye wanneer jy voel jou hoop kwyn.
