Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 SAMUEL 16:7

Geroep deur God
3 Dae
Dit is deesdae eintlik verspot maklik om jou regte waarde in Jesus Christus en die pragtige roeping wat Hy op jou lewe geplaas het, uit die oog te verloor.

Vanuit Die Hart
7 dae
Rolene Strauss ken die eise van ma- en vrou-wees. Dit is haar passie dat elke vrou moet besef hoe waardevol sy is en dat sy haarself nie aan ander se skewe maatstawwe moet meet nie. In die volgende 7 dae gesels sy met vroue oor verantwoordelikhede, ware skoonheid en tydsbestuur – dinge wat vir die meeste vroue en ma’s alledaagse uitdagings is. Hierdie leesplan is saamgestel uit VANUIT DIE HART.

Kom saam, Ontdek wysheid uit die Woord.
7 Dae
Kom klim saam met my in my motor. Kom saam op my reis. Dis my gebed dat die Here vir jou hoop sal gee wanneer jy moeg en moedeloos is. Ook dat Hy vir jou vreugde sal gee wanneer jy gestroop en tam is. Mag God jou mooi help om sy lig daar voor in die pad te bly volg.

Vyf Negatiewe en Skadelike Emosies
8 dae
Gevoelens van skande ("shame") is iets wat deur baie mense ervaar word. Soms het mense skandelike dinge gedoen en daarvoor moet vergifnis gevra word. Ander het gevoelens van "shame" as gevolg van dinge wat met hulle gebeur het waaroor hulle geen beheer gehad het nie.

In stilwees en vertroue
10 dae
God sal jou nie in die steek laat nie. Wees gehoorsaam aan Hom en vertrou op Hom bo enigiemand en enigiets anders in jou lewe. Dít is Angus Buchan se boodskap wanneer hy jou deur persoonlike ervarings en Bybelse waarhede aanmoedig om te vertrou op die enigste Een wat altyd daar sal wees vir jou. Hierdie leesplan is saamgestel uit IN STILWEES EN VERTROUE deur Angus Buchan.

Perfek soos jy nou is
14 dae
Rolene Strauss, voormalige Mej. SA en Mej. Wêreld, wil jóú help om te leer “nee” sê ... “Nee” vir almal wat sê jy is nie goed genoeg of mooi genoeg nie, “Nee” vir jouself wanneer jy jou vergelyk met ander en te krities is oor jouself. Gee jou selfvertroue ’n hupstoot in 14 dae saam met Rolene. Hierdie plan is saamgestel uit Rolene Strauss se dagboek VANUIT DIE HART.

Tel die dae af tot by Kersfees
29 Dae
Welkom by die Thriving Family se 28-dag Advent aktiwiteitskalender! Moenie die geleentheid misloop om die ware betekenis van Kersfees te verken en as 'n gesin nader aan mekaar te kom nie! Hierdie ouer-kind aktiwiteite is geskep om jou te help om hierdie Kersseisoen op Christus te fokus!