Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 SAMUEL 2:2
![Die Here Is My Herder](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F28877%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Die Here Is My Herder
7 dae
Het God al ooit vir jou ver gevoel? Oorverdowend stil wanneer jy Hom die nodigste het? Lizette Murray lei ons in hierdie 7 dagstukke uit haar dagboek DIE HERE IS MY HERDER om opnuut te ontdek dat God ons nooit verlaat nie. Hy is áltyd by ons. Hy is daar in die vreugdes van die lewe, maar ook in die hartseer en donker tye.
![Fokus op dankbaarheid](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F40894%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Fokus op dankbaarheid
7 dae
’n Positiewe gesindheid van dankbaarheid lei daartoe dat ’n mens gelukkig is. Dit lei daartoe dat ’n mens meer positief teenoor die lewe is. Dit maak dat ’n mens mooi en goeie dinge wat met jou gebeur opreg waardeer. ’n Dankbare mens is ’n opgeruimde mens en trek ander mense aan. Moenie goeie dinge wat met jou gebeur as vanselfsprekend aanvaar nie. Kies vir ’n ingesteldheid van dankbaarheid.
![Die God Wat Herstel](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F34197%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Die God Wat Herstel
29 dae
Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugde omdat ons ons hoop op Hom stel. Hierdie Bybelstudie neem ons deur die Adventstyd, ‘n tydperk van wag en groot verwagting op die koms van ons ewige Koning.