Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 KORINTIËRS 3:17

Infinitum Familie Advent, Week 1
5 Dae
Terwyl ons hierdie feestyd binnegaan met die bedoeling om God se hart te beleef, is ons vervul met 'n intense verwagting. Sluit by ons aan vir die volgende vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Oorkom, Spasie Skep en Verras word deur God. Soos al die beste dinge van die lewe, is hierdie reis op sy beste wanneer dit saam met ander aangepak word — trek dus 'n vriend of twee nader, asook jou sin van verwondering en betree die Advent tydperk.

Wie is die Heilige Gees?
6 Dae
Die Heilige Gees is God wat binne-in jou woon, in jou gedagtes praat en jou nader aan Hom lei. Hy moedig jou altyd aan om nie net die regte ding te doen nie, maar ook die goddelike ding. Hy is daar om jou te help om keuses te maak en dinge te doen wat jou lewe sal verander. Pak hierdie 6-dag reis aan om te verstaan wie Hy is en hoekom jy nie 'n goddelike lewe sonder Hom kan leef nie.

21 Dae Vas en Gebed
21 dae
Ons as gemeente gaan elke jaar in 'n tyd van vas en gebed in. Dit strek oor 'n 21 dae tydperk. Vir die 21 dae, is daar elke dag 'n fokuspunt waarvoor ons saam as gemeente sal bid en vertrou. "Geloof benodig gebed vir sy groei en volle ontwikkeling, en gebed benodig vas vir dieselfde rede." - Finnis Jennings Dake