Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 KORINTIËRS 3:18

Wie jy is
4 dae
Dit is so maklik om onsself te verloor. Ons sien perfekte modelle in tydskrifte, het ‘n konstante stryd met die skaal en moet saamleef met die verwagtings wat almal (en onsself) aan ons stel. Dit word dan soms die dinge wat ons definieer. Wie is ek werklik? Aan watter standaarde moet ek myself meet? Wat sê God oor my? Kom ons soek weer jou eie, unieke sprankel! Deur Halrika Breytenbach.

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 3)
5 Dae
Aanmoeding vir ma's, van 'n ma wat sewe kinders grootgemaak en dit oorleef het om die storie te vertel. Deel 3 van 12 in hierdie reeks van oordenking-leesplanne deur Robin Meadows

Infinitum Familie Advent, Week 1
5 Dae
Terwyl ons hierdie feestyd binnegaan met die bedoeling om God se hart te beleef, is ons vervul met 'n intense verwagting. Sluit by ons aan vir die volgende vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Oorkom, Spasie Skep en Verras word deur God. Soos al die beste dinge van die lewe, is hierdie reis op sy beste wanneer dit saam met ander aangepak word — trek dus 'n vriend of twee nader, asook jou sin van verwondering en betree die Advent tydperk.

Infinitum Advent Aanskou Skoonheid, Week 1
5 Dae
Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestyd nader met die doel om meer bewus te word van God se hart. Sluit by ons aan vir vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Breek, Plek Maak en Verras Word deur God. Soos met al die beste dinge in die lewe, word hierdie reis die beste saam met ander geneem — kry dus 'n vriend of twee asook jou sin van verwondering terwyl jy die Adventstyd inbeweeg.

Wie is die Heilige Gees?
6 Dae
Die Heilige Gees is God wat binne-in jou woon, in jou gedagtes praat en jou nader aan Hom lei. Hy moedig jou altyd aan om nie net die regte ding te doen nie, maar ook die goddelike ding. Hy is daar om jou te help om keuses te maak en dinge te doen wat jou lewe sal verander. Pak hierdie 6-dag reis aan om te verstaan wie Hy is en hoekom jy nie 'n goddelike lewe sonder Hom kan leef nie.

Die moed om jouself te wees
7 dae
Is jy moeg vir speletjies speel, maskers dra of probeer om iemand anders as jouself te wees? Wil jy vry wees om net aanvaar te word vir wie jy is nie, sonder die druk om iemand te wees wie jy nie regtig is nie? Wil jy graag weet hoe om jou unieke self te wees en die versoeking te weerstaan om soos almal te wees?

Wie is ons
7 dae
Die doel van hierdie leesplan is om geloof in die betroubaarheid van die Here en die Bybel te versterk. Die leser moet verkieslik 'n Bybel byderhand hê. Om 'n oordenking in te neem, raai ek aan dat ten minste 15 minute daaraan gewy word.

Luister: Gelei Deur Die Heilige Gees
7 Dae
Om God se stem te leer ken in jou daaglikse lewe is die sleutel tot ’n oorwinningslewe. Ons is ontwerp om sy stem te kan hoor en daarop te reageer. Mag hierdie belewenis jou op ’n avontuur neem waarin jy sy stem opnuut ontdek!

Nuwe Dag, Nuwe Jy
14 Dae
Dit is so belangrik hoe jy daardie eerste gedagtes van jou dag spandeer - selfs net 'n paar minute elke oggend met God is jou geleentheid om op die regte voet te begin en 'n positiewe toon daar te stel. Nuwe Dag, Nuwe Jy gee jou daardie geleentheid. In hierdie opwindende toewyding, saamgestel uit verskeie van Joyce se mees populere boeke, sal jy 'n vars woord van God ervaar vir elke dag van die jaar. Voor jy die uitdagings van die lewe die hoof bied, begin elke dag met bemoediging en krag, aanmanings van God se genade, en God se perspektief. Word die nuwe jy wat elke nuwe dag kan bring!

21 Dae Reis Van Geestelike Hernuwing
21 Dae
Ervaar geestelike hernuwing met 21 Dae Reis Van Geestelike Hernuwing. Hierdie leesplan bied daaglikse Skrifgedeeltes, verdiepende oordenkings, gebedsgidse, en praktiese aksie-items. Ideaal vir individuele groei, dieper geloof en persoonlike vernuwing. Ervaar 'n versterkte verhouding met God en hernude geestelike krag in 21 dae.