Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 KORINTIËRS 4:8

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 4)
5 Dae
Bemoediging vir ma's van 'n ma wat sewe kinders grootgemaak het — en oorleef het om die storie te vertel. Dit is deel 4 van 12 leesplanne in hierdie reeks deur Robin Meadows!

Amen
6 dae
Hierdie Bybelstudie bied aan jou ’n baie unieke geleentheid om die passie wat Angus vir Jesus het self te ervaar. As jy luister en jou hart oopmaak, sal jy vind dit is aansteeklik. Wanneer ek ook al by Angus is, groei my vasberadenheid om op God te vertrou en my lewenspad met vrymoedige geloof in Hom te stap. - Pastor Allen Jackson

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Prys Van Dissipelskap
6 dae
Dit is 'n geweldige groot voorreg om 'n volgeling, 'n dissipel en 'n kind van God te wees. Maar elke Christen moet weet dit vra 'n prys om aan die Here Jesus te behoort en sy wil te doen. Hierdie leesplan handel oor die prys van dissipelskap.

Nuwe Dag, Nuwe Jy
14 Dae
Dit is so belangrik hoe jy daardie eerste gedagtes van jou dag spandeer - selfs net 'n paar minute elke oggend met God is jou geleentheid om op die regte voet te begin en 'n positiewe toon daar te stel. Nuwe Dag, Nuwe Jy gee jou daardie geleentheid. In hierdie opwindende toewyding, saamgestel uit verskeie van Joyce se mees populere boeke, sal jy 'n vars woord van God ervaar vir elke dag van die jaar. Voor jy die uitdagings van die lewe die hoof bied, begin elke dag met bemoediging en krag, aanmanings van God se genade, en God se perspektief. Word die nuwe jy wat elke nuwe dag kan bring!

2 Korintiërs
18 dae
Die vreugdes van verhoudings binne die liggaam van Christus word uitgelig in die tweede brief aan die Korintiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit die woord van God lees. Reis daagliks deur 2 Korintiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Verlos Van Skande
29 dae
Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien hoe God skande in hierdie persone se lewens bestry. God kan die krag van skande in jou lewe verbreek. In hierdie studie sal ons jou wys hoe.