Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 KORINTIËRS 9:7

Advent: Herontdek Kersfees in die Chaos
4 Dae
Begeer jy 'n dieper, meer betekenisvolle Kersfeesviering? Herontdek hierdie jaar die gawes van HOOP, VREDE, VREUGDE en LIEFDE wat God gedurende hierdie besige tydperk aan ons almal bied. Herontdek en verken met "Kersfees in die Chaos", die Adventtemas in die Skrif en oordenkings wat ten doel het om ons voor te berei om weg te tree van die vakansietydperk se chaos en waarlik Jesus se geboorte te vier!

Die Minimalistiese Huis
5 Dae
Die skrywer Joshua Becker het iets moois sien gebeur wanneer mense hul oortollige besittings begin verminder — gedurende die proses, het die mense self verander. Alhoewel hierdie leesplan oor die vermindering van jou goed gaan, sal jy ook ontdek dat om minder te besit, vir jouself vernuwend kan wees. Met die afskaling van jou besittings sal jy verbaas wees oor hoe jou geloof, doelgerigtheid en gees van vrygewigheid oorvloediglik sal toeneem.

Vry om vrygewig te wees
5 dae
As kinders van God, is ons vry om vrygewig te wees. In hierdie leesplan oor vyf dae verduidelik Chip Ingram hoe ons God se roeping vir ons kan vervul deur vrygewigheid te verstaan en te leer waarom dit goed is vir ons. Ons kyk na God se model van gee en hoe Hy ons wil seën wanneer ons deur ons lewens uitdrukking gee aan sy vrygewige hart.
