Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 SAMUEL 22:2

Die Lig Op My Pad
7 dae
Om ’n Christen te wees, is ’n avontuur. Elke dag wag daar nuwe geleenthede én uitdagings, vreugdes én teleurstellings. Genadiglik hoef ons die reis nie alleen aan te pak nie. God het sy Woord aan ons gegee – as lig op ons pad! Meer nog, Jesus self stap saam. Stap saam met Piet Meiring deur 7 oordenkings oor vertroue uit sy dagboek DIE LIG OP MY PAD.

Fokus op dankbaarheid
7 dae
’n Positiewe gesindheid van dankbaarheid lei daartoe dat ’n mens gelukkig is. Dit lei daartoe dat ’n mens meer positief teenoor die lewe is. Dit maak dat ’n mens mooi en goeie dinge wat met jou gebeur opreg waardeer. ’n Dankbare mens is ’n opgeruimde mens en trek ander mense aan. Moenie goeie dinge wat met jou gebeur as vanselfsprekend aanvaar nie. Kies vir ’n ingesteldheid van dankbaarheid.

Kaalvoet Sielsgedagtes
7 Dae
Die tydgety verander nie noodwendig ons omstandighede en situasie nie. Maar ons kan onthou: God is by ons ín elke gety van ons lewe: in die vredevolle in-beheer-voel-tye én in die stormwaterdae wanneer ons bang voel. Milanie Vosloo wil jou kom aanmoedig om te onthou dat God ons nog nie een keer alleen op ons lewenstrand gelos het nie.

Gebede Om Jou Hart Te Seën
10 dae
Soms kort jy net die regte woorde om jou gesprek met jou Vader te begin. Hierdie 10 gebede sal jou help om die regte woorde te vind voordat jy self verder uit jou hart uit bid, of jy stil by die Here wil sit, of as ’n groep in gesprek met God wil tree. Hierdie gebede is saamgestel uit die gebedeboek GEBEDE OM JOU HART TE SEËN.

Vyf Klippies: Die Boustene vir Sterker Mans
10 Dae
Vyf klippies was in Dawid se arsenaal om sy man te staan en reuse te verslaan. Vyf klippies is ook die boustene vir mans om deesdae sterker te kan standpunt inneem. Hierdie 10-dagleesplan sal mans versterk met die vyf klippies om in hulle alledaagse lewens slaggereed te kan wees.